Soorte resepte:

Resep-video: Moedersdag-kolwyntjieruiker

Moedersdag-kolwyntjieryker. (Foto: Zandeleen Thygesen/Maroela Media)

Bederf jou ma hierdie Moedersdag met ʼn tuisgemaakte eetbare ruiker.

Bestanddele

  • 7 klaargebakte kolwyntjies
  • 7 papierkoppies
  • krambinder
  • sneespapier
  • sellofaanpapier
  • strik
  • ronde karton
  • gom

Versiersuiker         

  • 500 g versiersuiker
  • 250 g botter
  • pienk koekkleursel
  • groen koekkleursel
  • 2 x spuitsakke vir versiersuiker
  • 1 sterbuisie
  • 1 blaarbuisie

Metode

Versiersuiker

  1. Klits die botter tot lig en romerig.
  2. Voeg die versiersuiker bietjies-bietjies by en klits elke keer goed. Omtrent 5-7 minute.
  3. Skep 3 eetlepels versiersuiker uit en hou eenkant vir die blare.

Maak nou die versiersuiker aan

  1. Meng 4 of 5 druppels pienk kleursel by die oorspronklike versiersuiker en meng goed deur. Indien jy ʼn donkerder kleur verlang, voeg nog kleursel by. Voeg die sterbuisie in die sak en knip die puntjie af. Skep die pienk kleursel in die sak.
  2. Meng nou 1 of 2 druppels groen koekkleursel by die 3 eetlepels versiersuiker goed by. Voeg die blaarbuisie in ʼn spuitsak, knip die puntjie af en skep die groen versiersuiker in die sak.
  3. Hou die versiersel eenkant en maak eers die basis van die ruiker.
  4. Kram die papierkoppies aanmekaar vas – een in die middel en die ander 6 rondom hom. Plak die ronde karton aan die onderkant vas. Dit is die basis vir die ruiker.
  5. Vou sellofaan- en sneespapier om die basis en versier met ʼn mooi strik.
  6. Neem die kolwyntjies een vir een en begin met die pienk versiersuiker. Begin in die middel van die kolwyntjie en druk liggies aan die sak totdat die versiersuiker mooi begin spuit. Maak ʼn kringetjie van die middel van die kolwyntjie al in die rondte tot die hele kolwyntjie soos ʼn rosie lyk. Eindig met ʼn kort egalige lyn.
  7. Plaas elke kolwyntjie in ʼn papierkoppie.
  8. Neem die groen versiersel en maak nou blare tussen die rosies om die ryker mooi af te rond.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop joune hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.