Video: Olifante red kalf wat in dammetjie val

Skermgreep uit die video

ʼn Kind is sy ouers se grootste skat – of dit mens of dier is. Ouers sal enigiets doen as hul kinders in die moeilikheid beland.

ʼn Video van olifante wat ʼn kalfie van verdrinking red, roer die hartsnare.

Die gebruiker Gabriele Corno het die video Saterdag op Twitter gedeel en begin met ʼn olifantkoei en ʼn kalfie wat water uit ʼn dammetjie suip. Die kalfie val dan skielik in die water.

Volgens die plasing is die video by die Seoul-dieretuin in Suid-Korea verfilm.

Nog ʼn olifant haas na die ma om haar te help. Die twee olifante werk dan saam om die kalfie te red terwyl die kalfie spook om sy slurp bo die water te hou.

ʼn Derde olifant loer ook angstig agter ʼn heining na die toneel.

Die twee olifante stap dan in die water in en skuif die kalf na die vlak kant van die dammetjie. Die kalfie se lewe is gered danksy die olifante wat vinnig reageer het. Die video wys hoe goedhartig olifante kan wees.

Duisende gebruikers het al die video gedeel. “Dit is hoe kinders beskerm moet word,” skryf een kyker in die kommentaar. “Diere is baie beter as mense. Hulle sien die bedreiging en reageer onmiddellik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sandra ·

Te dierbaar vir woorde. Hulle moet in die eerste plek, maak nie saak hoe groot dit is nie, in ‘n dieretuin wees nie.

Maritza ·

Kyk net hoe ongelukkig is die ander olifant in die agtergrond. Sulke dinge gee my sommer hoendervleis. Wens die mensdom wil mekaar so help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.