Weerdiens waarsku oor bibberweer in die Wes-Kaap

Argieffoto (Foto: Don White/Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag ʼn waarskuwing uitgereik vir ysige weersomstandighede vir die res van die week in die Wes-Kaap.

ʼn Kouefront wat westelike dele van die land sal tref, sal koue, winderige en nat toestande van Woensdag tot Vrydag veroorsaak. Donderdag sal na verwagting die koudste dag wees en Vrydag die koudste oggend.

Ligte sneeu word Donderdag ook oor die Wes-Kaapse berge en suidelike hoogliggende dele van die Noord-Kaap verwag.

Noordwestelike en westelike winde van tussen 50 km/h en 60 km/h word van laat Dinsdagaand vir Kaap Columbine en Kaap Agulhas verwag. Dit sal teen Woensdagoggend na Stilbaai versprei. Golwe van tussen 4 m en 5 m word Donderdag tussen Kaap Columbine en Plettenbergbaai voorspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.