Damian Willemse se suksesvolle strafskop in die doodsnikke van die wedstryd het die kragmeting vir die Springbokke beklink.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 Julie 2022
Fietsry in die Wildekus
Met soveel verskillende bergfietsbyeenkomste op die kalender deesdae is dit moeilik om te kies – veral as jy tyd én geld in ag moet neem.
E-tol: Nog ʼn belofte; hoër petrolheffing nie meer ʼn opsie
“Die brandstofheffingstorie het mettertyd baie deurmekaar geraak en dit is nie meer ’n opsie wat ons onder meer kan oorweeg nie.”
Man wat Amerikaners glo uit miljoene swendel in Sandton vas
Hy het glo kriminele aktiwiteite vanuit Suid-Afrika bedryf en word daarvan beskuldig dat hy tientalle Amerikaanse burgers uit miljoene dollar geswendel het deur e-posse en SMS-boodskappe.
Politikus kuier by Erfenisstigting vir familienavorsing
Dr. Pieter Mulder, voormalige leier van die Vryheidsfront Plus, het onlangs besoek afgelê by die Erfenisstigting se naslaanbiblioteek om navorsing te doen oor sy familie se kleurryke politieke geskiedenis.
Video: Wend só jou grimering mooi én maklik aan
Met die hulp van Lizel van der Westhuizen, eienaar van Full Circle Image Consulting, sal jy soggens jou grimering maklik kan aanwend, selfs al is jy nie die koningin van kontoere nie.
Seun se lyk gevind weke ná hy in mangat val
Die sewejarige seuntjie wat byna drie weke gelede in ʼn oop mangat in Soweto geval het, se liggaam is gevind.
Internasionale oorsig: Wêreld gevaarliker, nie veiliger, ná G7- en Navo-beraad
Westerse leiers en leiers van die grootste demokrasieë in ander wêrelddele het die afgelope week eers in die suide van Duitsland en daarna in Madrid, Spanje, vergader oor huidige globale uitdagings.
Sleutel tot sitrussukses
Min dinge is so lekker as om aan die oes uit jou eie tuin te smul. Kry hier wenke om smaaklike sitrus te begin kweek.
Wallabies skok Engelse
Die Engelse rugbyafrigter, Eddie Jones, se uurglas loop nou vinnig leeg, kontrak of te nie.
NVG hof toe om op Gupta-beheerde myn beslag te lê
Die totale waarde van die beslaglegging sal R3,4 miljard beloop.
Broad boul duurste boulbeurt nóg
“Dit is ’n jammerte om die rekord af te staan. Tog word rekords opgestel sodat hulle weer verbeter kan word,” het Suid-Afrika se Robin Peterson op sosiale media geskerts.
Hollywood: Travis Barker in hospitaal opgeneem; ‘ER’-aktrise verdrink
Nadat die 46-jarige Barker met sy vrou, Kourtney Kardashian-Barker, aan sy sy in ’n ambulans na die hospitaal geneem is, het sy dogter, Alabama Barker, ’n Instagram-plasing gedeel waarin sy haar volgelinge vra om “hul gebede te stuur”.
Siek kleuter se ouers bly hoop
“Meer as twee jaar gelede het die dokters gesê daar is niks wat hulle vir Janique kan doen nie, en kyk waar is ons nou.”
All Blacks gee Ierland ʼn rugbyles
Vergeet maar van die praatjies dat die All Blacks nie meer ʼn groot faktor in wêreldrugby sal wees nie omdat die Nieu-Seelandse spelers nie meer met Suid-Afrikaanse spanne in die Superrugbyreeks meeding nie.
Ma kan nog nie ‘vergewe en vergeet’ ná plaasmoord
“Deon se dood vreet aan my soos kanker. Dit eet my van binne af op, totdat daar eendag niks oorbly nie.”
Tronkstraf vir Benoni-man oor seksdae met kinders
ʼn 41-jarige man van Benoni aan die Oos-Rand is swaar gestraf vir seksdae wat hy met sy stiefseuns en dogter gepleeg het.
Gemeenskap in skok ná seun (13), tannie op plaas sterf
ʼn 13-jarige seun en sy tannie is Vrydag dood in ʼn voorval op ʼn plaas in die Standerton-omgewing in Mpumalanga.
Phala Phala-ondersoek: Ramaphosa vra OB vir uitstel
Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy die etiekkode geskend het deur nie die rooftog op sy Phala Phala-plaas in Limpopo aan te meld nie.
Eskom-ooreenkoms: Só vorder onderhandelinge
“Ons verstaan die hele land hou die onderhandelinge dop aangesien dit in die openbare belang is om dit [die staking] op te los en daar is baie druk op ons om dadelik te reageer.”