Man wat Amerikaners glo uit miljoene swendel in Sandton vas  

James Aliyu tydens sy inhegtenisneming (Foto: SAPD)

ʼn 28-jarige Nigeriese burger wat glo deel is van ʼn kubermisdaadgroep wat Amerikaners uit meer as R192 miljoen geswendel het, is vroeër die week in Sandton, Johannesburg, in hegtenis geneem.

James Junior Aliyu is Woensdag by ʼn luukse woonstelblok deur lede van Interpol Suid-Afrika in hegtenis geneem.

Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het lede van die Interpol Nasionale Misdaadburo in Pretoria met die hulp van lede van die Gautengse hoofwegpatrollie-eenheid net na 10:00 op die kompleks toegeslaan.

Aliyu se inhegtenisneming volg op ʼn ondersoek waarby wetstoepassingsowerhede van Suid-Afrika en die VSA betrokke is.

Hy het glo kriminele aktiwiteite vanuit Suid-Afrika bedryf en word daarvan beskuldig dat hy tientalle Amerikaanse burgers uit miljoene dollar geswendel het deur e-posse en SMS-boodskappe.

Owerhede in die VSA het reeds om Aliyu se uitlewering aansoek gedoen.

Die verdagte het op dieselfde dag van sy inhegtenisneming in die Randburg-landdroshof verskyn en die saak is tot 5 Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Weereens n uitlander. Hul weet hier is n gebrek aan wetgewing en optrede danksy die anc.

Natasha ·

Lewer die ou uit, want in SA gaan hy nie gestraf word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.