Stormers wil wenvuur teen Dragons stook

Angelo Davids is terug in die Stormers-span. (Foto: Hansie Linde)

Met ʼn plek in diie uitspeelwedstryde op die spel is elke oorblywende kragmeting in die groepfase van die Verenigde Rugbykampioenskap van sleutelbelang vir die Stormers.

Die Kapenaars het juis ʼn sterk span vir Vrydagaand se tweestryd teen die Dragons op Rodney Parade gekies.

Benewens die vaardighede van Dan du Plessis, Evan Roos en Wandisile Simelane kan die Stormers ook op terugkerende sterre soos Sacha Feinberg-Mngomezulu, Angelo Davids en Sti Sithole reken om die wa deur die drif te trek.

Davids sal saam met Suleiman Hartzenberg vir die spoed in die opdrafspan sorg, terwyl Sithole saam met Joseph Dweba en Frans Malherbe in die skrums sal sak.

Die veelsydige Feinberg-Mngomezulu is op die plaasvervangersbank ingesluit.

“Met die uitspeelwedstryde om die draai, kan ons nie bekostig om enige foute te maak nie. Ons het goed voorberei en die spelers is vasbeslote om Vrydag op hul beste te wees,” het John Dobson, die Stormers se direkteur van rugby, gesê.

Die Kapenaars is tans vyfde op die amptelike punteleer met 45 punte ná 15 wedstryde.

Stormers: Warrick Gelant (heelagter), Suleiman Hartzenberg (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Dan du Plessis (binnesenter), Angelo Davids (linkervleuel), Manie Libbok (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Evan Roos (agtsteman), Ben-Jason Dixon (flank), Willie Engelbrecht (flank), Ruben van Heerden (stut), Salmaan Moerat (kaptein en slot), Frans Malherbe (stut), Joseph Dweba (haker) en Sti Sithole (stut). Plaasvervangers: André-Hugo Venter, Brok Harris, Neethling Fouché, Adre Smith, Hacjivah Dayimani, Stefan Ungerer, Jean-Luc du Plessis en Sacha Feinberg-Mngomezulu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.