As gr. 8-leerling met ʼn passie vir toneelspel, het ʼn jong Desiré Gardner ʼn karakter geskep wat vandag nie net geliefd is nie, maar ná al die jare steeds heerlik tuis op die planke en kassie voel.
Lees meerAlles vir Sondag 27 Augustus 2023
Sakelui reis minder, betaal meer
“Eerder as om vlugte in ekonomiese klas of standaard hotelkamers te bespreek, kies sakelui vlugte in besigheidsklas of luukse akkommodasie.”
Nege van die bestes vir Max!
Max Verstappen het vanmiddag op ʼn sopnat Zandvoort-renbaan nie net sy derde oorwinning op ʼn streep in Nederland behaal nie, maar ook sy negende agtereenvolgende sege van die seisoen.
Die week in foto’s
ʼn Brand in Griekeland, ʼn hittegolf in Frankryk en die 2023 Brics-beraad in Suid-Afrika is van die gebeure wat die afgelope week wêreldwyd die nuus gehaal het.
Iran doen stappe teen popsanger wat betoog teen verpligte hoofbedekking
Hy het ʼn beroep op vroue gedoen om hul “hoofbedekking te verwyder” en die video bevat kort gedeeltes van verskeie vroue wat dans sonder dat hul hare bedek is.
Genetiese ontleding bevestig Wagner-leier se dood
Daar was die afgelope paar dae heelwat bespiegeling dat die Kremlin betrokke was by die ongeluk presies twee maande nadat die Wagner-leier, Yevgeny Prigozhin, ʼn opstand teen Moskou se militêre leiers gelei het.
Só staan beurtkragsake nou
Kyk hier wat die jongste vooruitsig vir beurtkrag vandeesweek is.
Video: Roerende gedig ter viering van Afrikaanse Bybel se 1933-vertaling
Op 102 herroep Francina hierdie roerende gedig deur haar geskiedenisonderwyser wat geskryf is toe die eerste Afrikaanse Bybel in 1933 verskyn het.
Drie dood in skietery by kuierplek
Hulle het onsuksesvol probeer om kontant by die kroegman te buit en het daarna die platejoggie in die kuierplek van sy toerusting beroof.
EFF pos leiers wat nie vir partytjie presteer
Die herroeping beteken dat alle raadslede, lede van provinsiale wetgewers en parlementslede wat versuim het om busvervoer vir die EFF se tiende verjaardagvieringe te organiseer en te betaal, hul poste moet ontruim.
Aflos-blaps: Laat ons meer saamoefen, pleit Akani
Die Suid-Afrikaanse 4 x 100 m-span het Saterdagaand die aflosstokkie in die eindronde van dié item in Boedapest laat val.
Plasings vir GP-skole begin gou
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, sê 757 075 aansoeke vir plasing is ontvang. Net meer as 35 000 hiervan is as onvolledig uitgewys – daar is dus geen bewys van huisadres ingehandig nie.
Wes-Kaapse wegbreek bied Groot Vyf, wyn en jenewer
Wildkyk is een van die groot plesiere wat ons in Afrika kan geniet en as jy boonop in die Kaapprovinsie tussen leeus en jagluiperds ook nog ʼn hele gros olifante en buffels sien, voor jy aan ʼn jenewer teen sononder teug, is die lewe mooi, skryf Maryke Roberts.
Vyf kinders sterf toe hutte brand
Na bewering het die ma’s die kinders oornag alleen in een van die hutte gelos en by ʼn nabygeleë taverne gaan drink.
Rateltaai Duane meen Bok-tenk is nog vol
“Ons moet goed voorberei vir ons openingswedstryd in Frankryk; al ons aandag is nou op daardie kragmeting teen Skotland.”
‘Sound of Freedom’ se Tim Ballard dankbaar oor kollig op kinderhandel
Tim Ballard, wat deur Jim Caviezel vertolk word in die fliek ‘Sound of Freedom’, gesels vanuit die VSA met Maroela Media oor dié lokettreffer.
SA vrou vrees ‘marteling omdat sy wit is’ as VSA haar deporteer
Chantelle Robbertse en haar ma, Gloudina, is skuldig bevind aan identiteitsdiefstal nadat hulle ʼn Amerikaanse staatsdepartement uit byna R9 miljoen geswendel het. Die appèlhof het egter nie haar betoog – dat sy in Suid-Afrika vervolg of gemartel kan word omdat sy wit is – aanvaar nie.
Iere skrik groot teen Samoa
Vir die Iere, wat Sondag in Dublin aankondig watter 33 spelers Wêreldbeker toe gaan, was die lustelose vertoning teen Samoa dalk net die regte medisyne.
Alcaraz gereed om New York-titel te verdedig
Carlos Alcaraz meen dat hy nou ʼn beter en meer volwasse tennisspeler as in 2022 is.
Steve bly positief ondanks geploetery teen Fidji
“Ek is daarvan oortuig dat die span van hierdie punt af vorentoe sal beweeg,” het Steve Borthwick gesê nadat Engeland met 30–22 teen Fidji verloor het.