Video: Roerende gedig ter viering van Afrikaanse Bybel se 1933-vertaling

(Foto: Eduardo Braga/Pexels)

Op die ouderdom 102 herroep Francina Snyman hierdie roerende gedig deur haar geskiedenisonderwyser wat geskryf is toe die eerste Afrikaanse Bybel in 1933 verskyn het.

“Welkom, dierbaar Woord van God,
Lig in al ons lewenslot;
Bron van leiding, troos en krag,
Rigsnoer van ons voorgeslag
Welkom in ons moedertaal,
Van die Kaap tot oor die Vaal.”

“Ek was 12 en toe op Hoërskool Delportshoop in die Noord-Kaap. My onderwyser, dr. Uys het dit geskryf om die Afrikaanse Bybel welkom te heet en ek onthou dit tot vandag toe,” vertel Francina.

Die Afrikaanse geloofsgemeenskap vier vanjaar die 90ste herdenking van die Afrikaanse Bybel. Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners kon in 1933 die eerste keer ʼn volwaardige en volledige Bybel Afrikaans vashou.

In hierdie video wat deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vervaardig is, Francina se voordrag van die gedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.