Só staan beurtkragsake nou

(Argieffoto: Mehul Dave/Unsplash)

Nadat beurtkrag Sondagoggend vroeg opgeskort is en minstens vir ʼn paar uur se verligting gesorg het, het fase 3 kort gelede weer ingeskop.

Die kragvoorsiener het beurtkrag Sondag kort ná 02:00 weens ʼn verminderde vraag na krag oor die naweek opgeskort.

Sondag om 16:00 is daar weer na fase 3 oorgeskakel. Dit sal voortduur tot Maandag om 05:00.

Om 05:00 begin fase 1-beurtkrag en hierdie fase duur tot 16:00 waarna fase 3 weer in werking tree.

Die patroon sal tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.