Die week in foto’s

Griekeland: Vlamme vernietig plantasies tydens ʼn veldbrand wat op 21 Augustus naby Prodromos, 100 km noordoos van Athene, uitgebreek het. (Foto: Spyros Bakalis/AFP)

Saoedi-Arabië: ʼn Foto wat op 22 Augustus geneem is, wys hoe weerlig oor Mekka se kloktoring in Saoedi-Arabië blits. Hewige storms in die woestynkoninkryk se Mekka-streek het veroorsaak dat skole moes sluit. Volgens getuies is die Groot Moskee oornag deur swaar reën en wind getref. (Foto: Hammad Al-Huthali/AFP)

Frankryk: Inwoners bak in die son voor die Eiffeltoring in Parys te midde van ʼn hittegolf wat die land sedert 21 Augustus in sy greep het. Rekordtemperature word vir die Rhône-vallei verwag en in die suidooste van die land het ʼn veldbrand die afgelope week gewoed. (Foto: Miguel Medina/AFP)

Oekraïne: ʼn Vrou pronk in tradisionele Oekraïense kleredrag voor ʼn vernietigde Russiese pantservoertuig in die hoofstraat van Kiëf. Oekraïne het Donderdag sy Onafhanklikheidsdag gevier, te midde van die Russiese inval in Oekraïne. (Foto: Roman Pilipey/AFP)

VSA: ʼn Verspoelde pad terwyl die tropiese storm Hilary op 20 Augustus noordwaarts na Palm Springs, Kalifornië, beweeg het. Swaar reën het sedert die aanvang van die storm in Kalifornië voorgekom. Owerhede het teen lewensbedreigende oorstromings in die droë suidwestelike dele van die VSA gewaarsku. (Foto: David Swanson/AFP)

Suid-Afrika: Van links na regs: pres. Luiz Inácio Lula da Silva van Brasilië, pres. Xi Jinping van China, pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika, Narendra Modi, premier van Indië, Sergei Lavrov, Rusland se minister van buitelandse sake, poseer tydens die 2023 Brics-beraad in die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg op 23 Augustus. (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Australië: Spaanse sokkerspelers en beamptes vier fees nadat hulle die Australiese en Nieu-Seelandse 2023 Wêreldbeker-sokkerwedstryd teen Engeland in Sydney op 20 Augustus gewen het. (Foto: Franck Fife/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.