Plasings vir GP-skole begin gou

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng. (Foto: GDE)

Die Gautengse onderwysdepartement sal van volgende Maandag begin met die plasing van leerders vir gr. 1 en gr. 8. Die proses sal dan tot die einde van die jaar voortduur en alle leerders geplaas is.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het Sondag gesê altesame 757 075 aansoeke vir plasing is ontvang. Net meer as 35 000 hiervan is as onvolledig uitgewys – daar is dus geen bewys van huisadres ingehandig nie.

SMS’e sal van 4 September aan ouers gestuur word, met die LUR wat sê nie almal sal dit op dieselfde dag ontvang nie. Sou ouers nie ʼn SMS ontvang nie, kan hulle die status van ʼn aansoek steeds aanlyn by www.gdeadmissions.gov.za nagaan.

Indien ʼn SMS ontvang word dat ʼn leerder plasing by ʼn spesifieke skool gekry het, word dit as ʼn suksesvolle plasing beskou en hoef ouers nie weer op die stelsel aan te meld nie. Plasings word ingevolge spesifieke kriteria gedoen, en nie op grond van aansoeke wat eerste ontvang is nie, sê die LUR. Die kapasiteit van skole speel ook ʼn bepalende rol.

Chiloane sê aansoekers wat nie geholpe kan raak by skole waar hulle aansoek gedoen het nie – omdat daardie skole reeds kapasiteit bereik het – sal oorplasingsaanbiedinge na die volgende naaste skool met beskikbare plek ontvang.

Die oorplasingsaanbod word eers gemaak nadat al die skole waar ʼn ouer aansoek gedoen het, aangedui het dat hulle geen plek beskikbaar het nie. Ouers wat aanbiedinge kry van skole waar hulle nie aansoek gedoen het nie, kan die aanbod aanvaar of van die hand wys.

Daar is ook ʼn beswaar- en appèlproses wat gevolg kan word indien ouers ontevrede met ʼn plasing is.

Hoëdrukskole

Chiloane sê sowat 292 laerskole en 277 hoërskole in die provinsie is as sogenaamde hoëdrukskole geïdentifiseer; dit is skole wat ʼn “oorweldigende” getal aansoeke ontvang het en dus veel meer as die kapasiteit wat dit kan hanteer.

Laerskole met grootste getal aansoeke
 SkoolnaamDistrikKapasiteitAansoeke
1.Laerskool AkasiaTshwane-Wes2461 476
2.Palmridge Primary SchoolEkurhuleni-Suid2001 102
3.Laerskool Rachel de BeerTshwane-Wes2401 085
4.Alston Primary SchoolEkurhuleni-Suid2401 016
5.Stoneridge Primary SchoolEkurhuleni-Suid2501 000
6.Lakeside Primary SchoolEkurhuleni-Suid160999
7.Laerskool TheresaparkTshwane-Wes230984
8.Selcourt Primary SchoolGauteng-Oos120935
9.Opelweg Primary SchoolEkurhuleni-Suid275926
10.Alberview Primary SchoolEkurhuleni-Suid-150924
11.Kenton Primary SchoolEkurhuleni-Suid130866
12.Hamilton Primary SchoolTshwane-Suid70864
13.Laerskool MeyersparkTshwane-Suid150862
14.Midrand English Medium Primary SchoolJohannesburg-Oos196857
15.Brackenhurst Primary SchoolEkurhuleni-Suid200856
16.Laerskool Westgold Primary SchoolGauteng-Wes177854
17.Norkem Park Primary SchoolEkurhuleni-Noord180851
18.Alpha Primary SchoolJohannesburg-Sentraal115848
19.Nellmapius Ext.1 Primary SchoolTshwane-Suid200829
20.Edenpark Primary SchoolEkurhuleni-Suid164827

 

Hoërskole met grootste getal aansoeke
 SkoolnaamDistrikKapasiteitAansoeke
1.Kathlehong School of SpecialisationEkurhuleni-Suid2752 641
2.Hoërskool LangenhovenTshwane-Wes2902 617
3.Alberton High SchoolEkurhuleni-Suid2002 500
4.Parktown Boys’ High SchoolJohannesburg-Oos1972 318
5.Boksburg High SchoolEkurhuleni-Suid2542 179
6.Hoërskool PresidentJohannesburg-Sentraal4502 149
7.Sir John Adamson High SchoolJohannesburg-Sentraal4802 069
8.Hoërskool AkasiaTshwane-Wes2302 041
9.Phumlani Secondary SchoolEkurhuleni-Suid2501 996
10.Sunward Park High SchoolEkurhuleni-Suid3201 970
11.Jeppe High School for BoysJohannesburg-Oos2201 968
12.Northcliff High SchoolJohannesburg-Noord2801 941
13.Mondeor High SchoolJohannesburg-Sentraal3381 939
14.Kathlehong Secondary SchoolEkurhuleni-Suid3001 896
15.Hoërskool Gerrit MaritzTshwane-Wes2361 834
16.Hoërskool ElsparkEkurhuleni-Suid2601 828
17.Lesiba Secondary SchoolEkurhuleni-Noord4001 794
18.Hoërskool BirchleighEkurhuleni-Noord3001 783
19.Hoërskool JeuglandEkurhuleni-Noord3001 763
20.Rand Park High SchoolJohannesburg-Noord3151 738

Die LUR sê bepaalde ingrypings is reeds ingestel om uitdagings met skoolplasings te pak. Dit sluit in die lewering van basiese dienste aan alle skole, die bou van nuwe skole en die vervanging van bestaande skole, die verkryging van mobiele klaskamers en die hergebruik van fasiliteite in gebiede waar groot druk ondervind word.

“As verdere ingryping om druk weens migrasie na die provinsie en die gevolglike tekort aan onderrig- en leerruimtes te verlig, het die bestuur van die departement ʼn model vir satellietskole van stapel gestuur. Dit behels dat vakante grond in drukgebiede bekom en geld na ʼn nabygeleë en goed funksionerende skool gekanaliseer word om ʼn satellietskool te bou en te bestuur.”

Verskeie skole is ook in aanbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stofdonkie ·

Hulle is vinnig oppad terug na die dae wat kinders onder bome skoolgegaan het

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai skole sê vir jou waar jy nie moet woon nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.