Drie dood in skietery by kuierplek

Die skietery het Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind. (Foto: SA Polisie)

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn bende van drie aanvallers wat Sondag in die vroeë oggendure op ʼn taverne naby Nelspruit toegeslaan en drie mense doodgeskiet het. Nog vier mense is gewond.

Die aanvallers het die taverne in Dondonuld, naby Mayflower, Sondag omstreeks 04:00 binnegestorm, vuurwapens op die gaste gerig en hulle van hul besittings begin beroof, sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.

Hulle het onsuksesvol probeer om kontant by die kroegman te buit en het daarna die platejoggie in die kuierplek van sy toerusting beroof.

“Voor hulle weg is, het hulle losgebrand en sewe mense is getref. Twee het op die toneel gesterf en die derde is by ʼn plaaslike kliniek dood,” sê Mohlala.

Nog vier mense is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem en twee mense is dadelik ontslaan.

ʼn Saak van moord, poging tot moord en ʼn sakeroof word ondersoek. Die polisieondersoek duur voort, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lillian ·

Hoekom is daai taverne nog oop daai tyd van die oggend, tensy dit ‘n “enteraintment licence” het en dan mag hul nie drank verkoop nie,andersins moes hul al 2 uur hul deure gesluit het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.