Strenger afsonderingsmaatreëls is ook weer in Suid-Korea ingestel ná ʼn beduidende toename in koronavirus-infeksies aangemeld is.
Lees meerAlles vir Donderdag 28 Mei 2020
Vlak 3: Beperkings is ‘onduidelik, irrasioneel’
Organisasies het Donderdag gesê die risikovlak 3-regulasies wat deur minister Nkosazana Dlamini-Zuma aangekondig is, is “onduidelik en irrasioneel”.
Covid-19: Minstens 755 gevalle by korrektiewe dienste
Minstens 755 gevalle van Covid-19 is reeds by die departement van korrektiewe dienste aangemeld.
Uasa wil Denel hof toe sleep oor salarisse
Die vakbond Uasa is besig met regstappe teen Denel omdat die staatsbeheerde verdedigingsfirma versuim het om sy werknemers op 25 Mei 2020 te betaal, soos ooreengekom.
Afsondering: Só gaan vlak 3 werk
“Vlak 3 van die afsonderingstydperk is die grootste heropening van die ekonomie sedert die algehele landwye afsondering 63 dae gelede ingestel is.”
Eskom het slegte nuus vir Parys
Eskom het Donderdag gewaarsku herstelwerk by ʼn substasie in Parys in die Vrystaat gaan langer duur as aanvanklik verwag.
E-konsertgids: Schalk, Lucinda, Jannie du Toit dié naweek op die kleinskerm
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers dié naweek kan ontspan.
Noord-Kaapse leerders nie Maandag al by skool
Skoolhoofde en hul bestuurspanne meld wel Maandag aan.
Gauteng swaai om oor voedselverspreiding
Regulasies het aanvanklik vereis dat alle kos by sentrale punte van die departement afgelaai word, sodat die verspreiding daarvan gesentraliseer kon word.
ToekomsVenster: Pinkster en ’n liefdesvlam wat hoog brand
Liefde vat nie wat vir ander bestem is en gebruik dit self nie. Liefde onderhandel nie onder die tafel nie. Liefde is eerlik en opreg.
Die wêreld in foto’s – 28 Mei 2020
Só lyk ‘n restaurant in Nederland se toetsrobotte.
Wolkskool op radio: Skool by die huis; só help ek my grondslagfasekind
Sy meen as daar een ding is wat ouers nou met hulle grondslagfasekind moet doen, is dit om hulle toe te laat om te speel. “Daar is geen klasgroep van hierdie ouderdom wat weer die geleentheid gaan kry om soveel speeltyd te hê nie en dit is gewoonlik die eerste ding waaroor hulle kla as hulle in die ‘groot’ skool is.”
Afsondering: Hof beslis voëlboere mag weer uitvoer
Dié bevel stel talle boere weer in staat om ʼn inkomste te verdien.
Ma se slim plan om telkens ‘n perfekte stukkie koek te sny
Dié ma het met ʼn vindingryke plan vorendag gekom om dit sommer baie maklik te maak om telkens ‘n perfekte stukkie koek te sny.
Die baas van alle plase!
Ek het ʼn hele wyle terug ʼn week met een van die mees asemrowende voertuie ooit deurgebring, skryf Brendon Staniforth.
Musiekster om dop te hou: Georic Lomas
“Jy weet dadelik as daar ʼn vonkie tussen jou en ʼn ander persoon is, en dit kan allerlei emosies in ʼn mens laat ontwaak.”
Lesersbrief: Vakbonde se plan met SAL
Dit is nou al ʼn geruime tyd dat vakbonde poog om voorskriftelik te wees ten opsigte van die redding van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), skryf Gerrit Erasmus van Bellville.
Foto’s: Ons lewe in ʼn Franse kasteel
Met ʼn tweede besoek het die eerste eiendom wat ons gesien het, ons harte gesteel. Dit was ʼn kasteel uit die 16de eeu met groot vertrekke, hoë plafonne, baie karakter en met die perfekte ligging, skryf Sunita McDonald uit Frankryk.
Luister in 3 minute: Vlak 3, moontlike afleggings en repokoers bespreek
Welkom terug by “3 Minute, 3 Sake” vir die week waar Gerhard van Onselen van Sakeliga die vlak 3-inperking wat op 1 Junie begin, bespreek. Hy kyk ook in hierdie podsending na Tiger Brands wat afleggings weens die afsonderingtydperk beoog en die Reserwebank wat die repokoers met 50 basispunte in Mei verlaag het.
#JongStemme: ʼn Matriekleerder se ‘Covid-19-lewe’
Covid-19 het sy houe geplant, maar dis nou tyd dat ek en jy, die 2020-matriekklas, met mening terugslaan, skryf Bernard van Jaarsveld, ‘n matriekleerder aan die Grey Kollege in Bloemfontein.