Karpowership: Kragskepe kan steeds omgewingstudies indien

Kleinskaalse vissers en kusgemeenskappe is gekant teen Karpowership weens kommer oor die impak op die oseaan – iets waarop hulle staat maak vir hul lewensbestaan. (Foto verskaf deur Green Connection)

Onlangse verwikkelinge laat dit lyk of kragskepe van die Turkse maatskappy Karpowership die groen lig kan kry van die Suid-Afrikaanse regering. Daar is egter nog verskeie hekkies wat oorkom moet word.

“In die afgelope week is toestemming gegee dat twee van die kragskepe se omgewingstudies laat ingedien kan word. Dit kan dus nog goed- of afgekeur word,” sê Wynand Boshoff, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor energie.

Toegang tot die nasionale kragnetwerk en die aankoopooreenkoms met Eskom moet nog gefinaliseer word.

“Die aankoopooreenkoms is juis een van die groot probleme. Die VF Plus het hom uit die staanspoor uitgespreek teen die beplande twintigjaarkontrak met ‘n tariefstruktuur wat vooruit vasgestel word.”

Boshoff sê as noodmaatreël is daar meriete in die kragskepe. “Twintig jaar is egter nie ‘n ‘noodperiode’ nie. Boonop is skakeling met die kragnetwerk nie maklik en vinnig nie.”

Omgewingskwessies en ruimte in die betrokke hawens van Richardsbaai, Ngqura (Port Elizabeth) en Saldanhabaai bly problematies. Moontlike besware sal in die omgewingstudies, wat nou laat ingehandig mag word, weerlê moet word.

“Kragvoorsiening bly ʼn kritieke swakheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar twyfel of kragskepe deel van die oplossing is, wil maar net nie verdwyn nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Die ANC het altyd genoeg krag vir hul rooiligte om Suid-Afrikaners in te perk wat iets omtrent ‘n krisis te wil doen wat die regering veroorsaak, soos die kragkrisis. Nou begin Matashe weer met sy liberale streke om die groenkragplanne en selfvoorsiening te kortwiek omdat dit glo Eskom se inkomste (en sy mag) erg sal benadeel. Die kragskepe is Mantashe se troetelplan en hy sal dit invoer kom wat wil.

domheks ·

En wat gaan die (betalende) verbruikers moet opdok? Solar is ‘n beter opsie!

Jacobus ·

Annie jy is 100% reg, hulle die ANC skep n kriisis net om met n kamtige oplossing te kom en dan daardeur hulleself te verreik way deur hulle eie arm mense geborg sal word. Die betalende kragberbruiker gaan verseker hoes vir hierdie skepe.

anko ·

Gebruik fondse om liewers ordentlike kragstasies te bou. Kry die nie-betalers ‘n slag in rat om te help betaal. Daar is klaar miljoene rande wat gekollekteer kan word. Dit wat jy wil hê moet jy betaal voor anders moet jy daarsonder klaar kom. So is ek groot gemaak en doen so nog vandag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.