Die wêreld in foto’s – 19 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die gebou van die Europese sentrale bank in die sakedistrik van Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Pres. Donald Trump besoek ʼn gedeelte van die suidelike grensmuur in Otay Mesa, Kalifornië. (Foto: Evan Vucci, AP)

Giovanni di Lorenzo (regs), ʼn speler van die Napels-span, in aksie teen Andrew Robertson van Liverpool in die kampioeneliga se groep E-sokkerwedstryd tussen Napels en Liverpool in die San Paolo-stadion in Napels, Italië. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Rassie Erasmus op ʼn mediakonferensie in Urayasu, naby Tokio, net voor die afskop van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan. Suid-Afrika speel Saterdag teen Nieu-Seeland in Yokohama op die tweede dag van dié toernooi. (Foto: Kyodo News, AP)

Nick Solak van die Texas Rangers in aksie in die tweede skof van ʼn bofbalwedstryd in Houston. (Foto: Michael Wyke, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

Dit is baie interessant. Ons wêreld bestaan net uit sport. Elke wêreld in fotos die laaste tyd het feitlik net sport. Dit is asof die ‘n godsdienstige geloof is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.