Mashaba het gesê die Stad is tans in ʼn gevorderde stadium met sy eie forensiese ondersoek.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 Desember 2018
Ramaphosa verwelkom uitspraak teen taksbaas Tom Moyane
Die president sal binnekort met die proses begin om ʼn nuwe SAID-kommissaris aan te stel.
Uitspraak oor SAOG ʼn ‘oorwinning vir Zim-boere’
“Noudat die hoogste hof in Suid-Afrika bevind het dat Zuma as staatshoof onregmatig tot nadeel van Zimbabwiese boere opgetree het, beteken dit dat die Suid-Afrikaanse regering aanspreeklik gehou kan word vir die verliese wat boere gely het weens Suid-Afrika se optrede om die SAOG-tribunaal se werksaamhede op te skort.”
Qedani Mahlangu uit ANC se provinsiale komitee geskop
Die ANC se nasionale werkskomitee het die omstrede Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, en voormalige provinsiale ANC-hoofsweep Brian Hlongwa, aangesê om met onmiddellike effek te bedank uit die ANC se provinsiale uitvoerende komitee.
SA moet hande vat teen ‘rassiste soos Andile Mngxitama’, sê TLU SA
Die opruiende haatspraak van Andile Mngxitama van Black First Land First (BLF) op 8 Desember moet in ‘n baie ernstige lig gesien word, het Louis Meintjes, president van TLU SA, gesê.
Pa wat seun ‘per ongeluk skiet’ se saak lank uitgestel
Die saak teen Emmanuel Sibusiso Tshabalala, wat sy 16-jarige seun Luyanda doodgeskiet het, is tot Februarie 2019 uitgestel om pleitonderhandelinge af te handel.
Een dood, ses beseer toe struktuur in KZN ineenstort
ʼn 28-jarige man is Dinsdag dood en ses persone beseer toe ʼn struktuur naby die Luthuli-museum in Groutville in KwaZulu-Natal ineengestort het.
ToekomsVenster: Die belangrike plek van liefde
As ons ons arms oopmaak vir die wat nood belewe sal ons self bemoedig, vertroos en versterk word.
Ma ontvang meestersgraad namens oorlede seun
“Ons is ongelooflik trots op hom, maar die lekkerste sou wees as hy sélf sy graad kon ontvang. Dit is beslis emosioneel, maar ons voel geërd om dit namens ons seun te kan doen.”
Die wêreld in foto’s – 11 Desember 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
‘Jong Laurika’ loop musiekbedryf storm
“Sy het vir my gesê ek is die enigste kunstenaar wat maar haar liedjies mag sing.”
Diefstal blaas dalk nuwe lewe in World of Birds
“Dit was ontsettend seer. Hulle wou my mond met ʼn kombers toedruk. Ek het hulle mooi gevra om my nie seer te maak nie.”
Stonehouse is SA se hardebaardbreier
Jimmy Stonehouse vertel hoekom hy hom aan die Bulle-wedloop onttrek en gee ook sy indrukke oor die Springbokke se vertoning vanjaar.
Man vir ‘brutale, genadelose moord’ gevonnis
“Dit was ʼn pynlike, hartverskeurende en folterende ervaring vir die oorledene. Dit kan aan haar beserings gesien word.”
Liefdesverhale vir jou boekrak
Skaf gerus dié liefdesverhale aan om die komende vakansie te lees. ’n Mooi liefdesverhaal waar die held en heldin ná vele struikelblokke wel by mekaar uitkom, laat die leser gelukkig en tevrede voel – so asof jy deel is van ’n sprokie.
Meeste klagtes by MRK oor rassisme
Die Mensregtekommissie (MRK) sê die algemeenste soort klagtes wat hy ontvang, handel oor gelykheid, waarvan amper 70% met rassisme verband hou. Dit het aan die…
Nuwe hoofafrigter wil wen om Loftus te vul
Die Bulls en Blou Bulle se nuwe hoofafrigter se prioriteit is om ’n wenkultuur by die franchise en bond te herstel en sodoende weer Loftus Versfeld se sitplekke te vul.
ANC-woordvoerder met verlof hangende ondersoek
Dít volg nadat ʼn intern by die party hom van seksuele teistering beskuldig het.
Uitdrukking: Daar is ʼn dief aan die kers
Waar kom ons aan die uitdrukking “‘n dief aan die kers”? Taaltoffie stel ondersoek in
ʼn Formidabele mens
Maar nou sit wonder ek oor “formidabel” en ek wonder of die jonger gaardes almal die woord verstaan. Want netnou reken julle ouma Kitty het ʼn mooi vorm gehad of sy was lekker op “form” soos deesdae se rugbyspelers.