Dis een warboel van stemme en woorde maar alger praat oor die dieselfde ding. Want dis Krismistyd en dit reën teen die Weskus. So ʼn onverdiende, buiten-tydige genade. Net soos die groot rede van Krismis.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Koos Greeff"
ʼn Nuwe besef oor Geloftedag
“… Ek ry daarna verder met ʼn diepe dankbaarheid en ʼn vaste tevredenheid want my God leef en kan uitkoms gee ook vandag.”
Boeke en leesmense
Iewers in my vroegste jare het oompie Thys my ʼn boek present gegee want hy was ʼn leesmens. Dit was die meesterlike storie van Fanie se veldskooldae geskryf deur PJ Schoeman…
Blessie sit die bal agterna
Dit lyk my baie mens lewe vandag so. Op pad iewers heen. Of meestal net aan hol agter ʼn pot goud aan wat by een of ander reënboog se punt begrawe is.
Sonde met die bure
Deesdae is ons mos almal uitgeleerd en so gedweë: ons lyk geheel en al soos die span koninklikes van doer oorkant die waters. Maar destyds was dit anders.
Ryloop
“Toe ek nog jeugdig was, was ryloop mos ʼn normale manier van oor die weg kom. Ek onthou nog goed die Sondagnamiddag toe ek daar op Jan Smuts afklim en die pad moes vat na Voortrekkerhoogte…”
Die Jerseybul
Enige goeie beesmens weet ʼn Jerseybul is net deuskant die satan self want al is hulle klein van lyf, is hulle groot van hart…
Kêrel-mense
Hier in die Noordweste praat die mens mos van meisie-mense en kêrel-mense. Nou het ek en Nico groot geword in ʼn kêrel-mens-wêreld.
Ek’s ʼn dapper muis…
Ek is nou ʼn dapper muis en ek vat pyn sonder blik of bloos…
Servaas
Skoonseun het ʼn hond genaamd Servaas wat reken hy is mens. Servaas slaap in die huis en sy hare word dikwels gesny soos ʼn opregte mansmens s’n…
Wittebrood
Die jongmense ken van Mauritius en Parys maar ons ken van Jagersfontein se treine in die nag. En ons huwelik klou en die Duitser bly mooi en ons sien nog kans vir baie…
Bankrot geoes
Die mens praat Ingels met ons en vertel ons hy is die grootbaas van ʼn inmaakbedryf en hulle soek al onse rooirissies. Die man blo ons ʼn vreeslike prys en ons val vir die grappie…
Die honger kamp
Ek is die oudste neef en boonop ʼn uitgeleerde Voortrekker-verkenner. So ek moet die koskopery hanteer. Vir dae aaneen beplan ek presies. Die regte hoeveelheid proteïne, kalorieë en vitamines. Hierdie kampery van ons klomp neefs sal uitstaande wees en ons lot sal blakend van gesondheid terugkeer…
Die antie met die ‘catsuit’
Hier stop die antie toe met so ʼn plat kar en klim daar uit met haar “catsuit”. Sy’s geklok soos ʼn regte Switse bok weerskante van haar kop en boonop staat sy hoog bo-op sulke stelte-skoene…
Die DAF-lorrie
Later sit die DAF in sy eerste rat en die rewolusies sak en sak. Ek trap die diesel laat die vloer eintlik so ʼn boggel staan, maar die DAF hyg en wil net swyg…
Die marathon hoender
ʼn Kosmakery in die gietende reën is maar ʼn gesukkel so ons moes volstaan daai oggend met koffie en beskuit. Maar nou vreet ons mae ons van binnekant af op en ons besluit opstuk ons moet so voort iets te ete loop soek…
‘Army’-storietjies
“… maar die hoogste rang in ʼn roof se gedagtegange was dié van ʼn korporaal,” skryf Koos Greeff.
Buster, die Great Dane en die groot stryery
Toe ek my kop uitsteek sal ek sien Buster en Rex het stry gekry. Ek weet nie of dit oor ʼn vroumens of oor rugby of oor die politiek was nie, maar hulle twee stry sterk…
Die bakoortjie
Dis toe dat ek besef dat Homer eintlik ʼn groot geheim beet gehad het. Jy moet maar draai en draai en net hoër klim met elke draai. Maar as jy koers kies, moet jy koers hou…
Die (koffie)moer is suur
Moenie dat jou (koffie)moer suur word nie, is die stukkie wysheid uit Koos Greeff se pen.