Die privaat tersiêre instituut Pearson het Woensdag gesê hy bied 200 beurse ter waarde van R10 miljoen vir 2019 aan vir behoeftige, verdienstelike studente.
Lees meerAlles vir Woensdag 19 Desember 2018
ANC-rapport: druippunt vir Ramaphosa en kabinet
“Die afsonderlike ministers moes as lede van die kabinet, kollektief verantwoordelikheid neem van hoe die land regeer is en nie net skouers kan optrek oor wat fout gegaan het nie.”
Timol-familie mag Rodrigues-aansoek oor vervolging teenstaan
Die familie van wyle apartheidsaktivis Ahmed Timol het toestemming ontvang om ʼn aansoek deur Joao “Jan” Rodrigues (80), voormalige veiligheidspolisielid, dat hy nie vervolg moet word nie, teen te staan.
Mbalula se Dubai-vakansie: AfriForum verwelkom OB se bevindinge
AfriForum verwelkom die bevindinge van die openbare beskermer dat die voormalige minister van sport se gesinsvakansie in 2016 na Dubai, betaal is deur Sedgars Sports en dat dit neerkom op botsende belange.
Brian Dames bedank uit Eskom-taakspan
Brian Dames, uitvoerende hoof van African Rainbow Energy and Power, het uit ʼn taakspan bedank wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel is om die volhoubaarheid van Eskom te verseker.
Valke reageer oor bewerings van ‘porno-beampte’
Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) sê hy neem kennis van ʼn berig op News24 wat verband hou met die aanstelling van die provinsiale hoof in Noordwes.
ToekomsVenster: Moenie nou momentum verloor nie
Moenie nou momentum verloor nie. Hou jou oë op die bal. Neem so aan die wedren deel dat jy die prys kry, leer Paulus ons.
Openbare beskermer bevind teen Zille, Mbalula en DG van finansies
Die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwabane, het Woensdag bevindings gemaak teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, oudminister Fikile Mbalula en die direkteur-generaal van finansies, Dondo Mogajane.
Vermeende kinderontvoerders aangekeer
In al drie die gevalle is die kinders in ʼn hospitaal ondersoek, maar geeneen is tydens die ontvoering en aanhouding beseer nie.
Die wêreld in foto’s – 19 Desember 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Video: Elon Musk wil verkeersknope verlig met hoëspoed-tonnel
Musk meen dié sal die oplossing wees vir verkeersprobleme, met tot 4 000 motors wat op een slag foutloos in so ʼn tonnel kan blits.
Kaapse sjef skitter in Asië
“Om ʼn sjef te wees is in my familie se bloed.”
Ongeluk in Vrystaat eis 7 se lewe
Die vragmotorbestuurder het aan die agterkant van die voertuig gestaan om aankomende motoriste te waarsku om verby te hou.
Sibanye vra nog ʼn hofbevel teen stakers
Die maatskappy voer aan Amcu verteenwoordig nie meer die meerderheid van die werkers by sy goudmynbedrywighede nie.
Dodetal styg skerp op Wes-Kaapse paaie
Volgens die departement kan die styging in padsterftes gedeeltelik toegeskryf word aan die grusame ongeluk op die N1 by Touwsrivier die afgelope naweek wat die lewe van 12 mense, onder wie drie kinders, geëis het.
Sanef sleep EFF gelykheidshof toe
Vermeende EFF-ondersteuners het gedreig om joernaliste se woonadresse in die hande te kry.
Vurige Steyn wil Pakistan-paaltjies jag
“Dale is slaggereed vir die Pakistani’s. Hy lyk fiks en uitgehonger.”
Eskom waarsku oor toename in steenkooltrokke
Eskom sê hy slaan tans munt uit die laer vraag na elektrisiteit tydens die feesseisoen om kragstasieinstandhouding en herstelwerk te bespoedig.
Ma sterf, pa en kinders ernstig beseer
Reddingsbeamptes het sowat twee uur lank geswoeg om die oorledene (in haar vroeë 40’s) se liggaam uit die wrak te verwyder.
Kitskosgroep verbied om advertensie uit te saai
Die Reklamebeheerraad het bevind dié advertensie maak ʼn bespotting van ʼn saak “wat ontstellend is vir baie Suid-Afrikaners”.