Timol-familie mag Rodrigues-aansoek oor vervolging teenstaan

Joao Rodrigues in die Johannesburgse hooggeregshof (Oktober 2018) (Foto: Itumeleng English/African News Agency)

Die familie van wyle apartheidsaktivis Ahmed Timol het toestemming ontvang om ʼn aansoek deur Joao “Jan” Rodrigues (80), voormalige veiligheidspolisielid, dat hy nie vervolg moet word nie, teen te staan.

Rodrigues het versoek dat hy nie vervolg moet word nie weens sy hoë ouderdom en dat hy benadeel sal word in ʼn hofsaak waar talle getuies reeds oorlede is.

Rodrigues is die laaste persoon wat Timol lewend gesien het. Sy getuienis was die kern van die ondersoek in 1972 wat bevind het Timol het sy eie lewe geneem toe hy uit die 10de verdieping van die John Vorster-pleingebou in Johannesburg gespring het.

Die uitspraak is in Oktober 2017 deur ʼn hof omgekeer ná ʼn lang veldtog deur sy familie.

Timol was 29 jaar oud toe hy in Oktober 1971 in Johannesburg in hegtenis geneem is. Hy is vyf dae later dood.

Rodrigues word geïmpliseer in Timol se moord.

Howard Varney, vir die Timol-familie, het aan die hof gesê sy kliënte moet toegelaat word om inspraak te hê in Rodrigues se aansoek. “Die Timol-familie is al dekades lank op soek na die waarheid, na geregtigheid.” Indien Rodrigues nie vervolg word nie, sal dit, volgens Varney, daarop neerkom dat ʼn individu onthef word van aanspreeklikheid. Hy het bygevoeg die familie sal ernstig benadeel word as hulle nie die geleentheid kry om hul weergawe van die feite voor die hof te bied nie. “So ʼn hof moet nie net die feite van die beskuldigde hoor nie, maar ook van die slagoffers – die familie.”

Familielede van Hoosen Haffejee, wat ook tydens die apartheidsjare in polisieaanhouding dood is, wil ook by Rodrigues se aansoek ingryp. Indien Rodrigues nie vervolg word nie, sal dit, volgens die familie, ʼn kultuur skep waar alle slagoffers van apartheid sal sien dat oortreders vervolging vryspring. Haffejee se familie glo hy is vermoor.

Regter Ramarumo Monama het gesê hy wil nie die bevindings van die Haffejee-ondersoek vooruitloop deur die familie toe te laat om by die Timol-saak in te gryp nie. Monama het hul aansoek van die hand gewys en gesê dit moet gebaseer wees op feite en nie op veralgemenings om suksesvol te wees nie.

Die saak hervat op 28 Januarie 2019 in die hof.

 

Lees alle vorige berigte oor Ahmed Timol op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jaco ·

Nadat die Nasionale Party in 1990 die ANC gewettig het, was hulle vir nog net meer as 4 jaar lank aan bewind. Waarom is ALLE bewyse van sogenaamde “wandade” tydens die apartheidsjare nie gedurende daardie 4 jaar vernietig nie? dit kon nie so moeilik of onmoontlik gewees het nie. Of was hulle regtig so dom om te dink hulle sou n demokratiese non-racial verkiesing wen, al neem die ANC deel?

Daan Erasmus ·

Hy is ‘n ou man. Die meeste getuies is reeds dood en in elk geval hy was ‘n finansiële Klerk in die Polisie. Hy is net gevra om daar te sit. Los die man uit.

DC ·

Dis n belaglike toedrag dat n senior burger so geviktimiseer word. Geriefshalwe word die ANC wandade vergeet. As die saak voortgaan moet ditto geld vir oa JZ en FW.

Ekke ·

NOG belastingbetalers se geld word gemors. Kon vir n arm familie n huis bou met daai geld.

PJC ·

Hierdie is maar net ń vorm van wraak deur die betrokke familie. Dit maak nie vir hulle saak wie verantwoordelik was nie solank hulle net iemand wat wit is aan die pen kan laat ry.

IK ·

My verwysing na bomplanters wat amnestie ontvang het is té veel gevra.

Karin ·

En soos die “nuwe” S.A. is verkeerd.reg en reg.verkeerd!
Ons.kan.nie.n samelewong.bou op ISIS wat toe al aan die “opruk” was nie! Die.Timol.familie, besluit.om.hulle.eie.lewens op hou te.sit! As so.n “.toegewing” gedoen word, kan n paar ander kommunis”lewende” skelms.ook.boet!!!!!

Vra maar net ·

Was die familie dan teenwoorsig dat hulle feite het maar die persoon wat almal weet dat hy daar was se feite is nie reg nie. Lmga

sus ·

Hy het opgetree in opdrag van hoër gesag en nou op hierdie ouderdom moet hy alleen pa staan want dié wat saam met hom in daardie bank moet staan is of dood of skuil agter die anc se rokspante!

Hierdie is net uit ‘n vervolgswaansin waaraan meeste van die anc kaders ly. Versoening tussen alle rasse sal nooit op hierdie manier seëvier in ons land nie!

Andrew ·

Is daar ook getuies wat weet wat Timol gedoen het? Waarom is hy aangehou, of is die rede nou ‘n heldedaad?

HPV ·

Die dag as die regime die verlede agter laat, ophou smartvraat speel, pa staan vir hul eie foute en grootword, daardie dag sal die land eers begin gesond word. maar ongelukkig is dit so lekker om die heeltyd skuld eensydig op ander te pak en daagliks dubbel standaarde te handhaaf, om op smart en selfs haat te teer. dit in ‘n land waar die meerderheid mense graag vorentoe wil beweeg of dalk nie…24, 30 of selfs 100 jaar later net die tyd sal leer.

B ·

So ons het nou wette, hof-uitsprake (nie noodwendig altyd reg) en dan ook nog emosionele / wraakgierige / subjektiewe bydraes tot die vonnis? ?

Dit raak erger as die VSA se jurie stelsel, grens amper aan boendoe howe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.