Joao “Jan” Rodrigues is aangekla van die moord op Ahmed Timol, ʼn anti-apartheidsaktivis. Timol is in 1971 dood.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Ahmed Timol"
Timol-saak: Oudpolisieman misluk weer om vervolging te laat staak
Rodrigues, in sy 80’s, word vervolg in verband met die dood van die apartheidsaktivis Ahmed Timol in Oktober 1971.
Timol-saak: Rodrigues na appèlhof
Die hooggeregshof in Johannesburg het vroeër beslis Rodrigues moet op 12 Desember vanjaar in die beskuldigdebank inskuif vir die moord op Timol – wat sowat 47 jaar gelede plaasgevind het.
Timol-saak: Verhoor begin dán
Rodrigues se hernieude poging om sy vervolging permanent te staak het vroeër vandeesmaand weer misluk.
Timol-saak: Oudpolisieman misluk weer met aansoek
Rodrigues het aangevoer die hof het die verkeerde rigting ingeslaan deur 47 jaar na die voorval strafregtelike stappe teen hom in te stel.
Timol-saak: Rodrigues teken appèl aan
Rodrigues voer in sy hofstukke aan die hof het verkeerdelik besluit om hom 47 jaar ná die voorval te vervolg en dat sy reg op ʼn regverdige verhoor dus geskend word.
Timol-saak: Rodrigues moet besluit oor appèl
“Daar is ʼn duidelike boodskap wat die volbank [regters] vandag uitgestuur het en dit is dat die apartheidsera-oortreders nie meer die verskoning van vertraging kan gebruik nie.”
Timol-moordsaak: Rodrigues hoor nie oor aansoek
Daar is tydens die aansoek aangevoer dat Rodrigues voordeel moet trek uit die amnestie wat oudpres. Nelson Mandela aangekondig het vir politiek gemotiveerde misdaad wat voor 1994 gepleeg is.
Timol-familie mag Rodrigues-aansoek oor vervolging teenstaan
Die familie van wyle apartheidsaktivis Ahmed Timol het toestemming ontvang om ʼn aansoek deur Joao “Jan” Rodrigues (80), voormalige veiligheidspolisielid, dat hy nie vervolg moet word nie, teen te staan.
Podlitiek: Wapens agtergelaat en die ANC is vir AfriForum kwaad
In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ’n positiewe verwikkeling of twee.
Timol-moordsaak lank uitgestel
Joao Rodrigues, voormalige polisiebeampte, het Maandag vlugtig in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn op klagtes wat met die moord van anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol in 1971 verband hou.
Oudpolisieman wil vervolging laat opskort in Timol-saak
“Ons hoop en bid dat die vertragingstaktieke deur Rodrigues se regspan nou tot ʼn einde kom.”
Twee maal skuldig beteken nie gedeelde of halwe skuld nie
Is die oplossing nie dat ons álmal besef dat ons skuldig is nie? En dat ons in ons wedersydse omgang met mekaar moet ophou met die geskel op die ánder nie?
Balke, splinters en die heksejag op oud-polisiemanne
ʼn Onlangse hofuitspraak deur regter Billy Mothle dat die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol van die dak of uit ʼn vertrek van John Vorster-plein gestamp is, kan lei tot ʼn moontlike heksejag op verskeie polisie- of veiligheidsbeamptes wat tydens die apartheidsjare diens gelewer het.
Wat nou gemaak met die bevindinge oor Ahmed Timol se moord?
“Hou op om die struggle voor te stel as ʼn stryd tussen diegene met ʼn pikswart siel (die Timol-moordenaars) en die dapper stryders vir vryheid en demokrasie in ʼn regverdige oorlog. Daardie soort ding bestaan nie. Geweld tas álmal – die goeies én die slegtes – aan.”
Timol-familie vra nóg ondersoeke oor apartheidmoorde
“Ons wil die heropening van Timol se geregtelike doodsondersoek as die begin en nie die einde beskou nie.”
Nuuskommentaar: Timol en Zuma – lang wag vir geregtigheid
Gister is ’n belangrike hoofstuk in die land se regsgeskiedenis geskryf met die Ahmed Timol-uitspraak en vandag lewer die appèlhof uitspraak in pres. Jacob Zuma se opspraakwekkende sogenaamde spioenasiebande-saak.
Hof beslis Timol het nie selfmoord gepleeg nie
Regter Billy Mothle het sy uitspraak in ʼn volgepakte hof gelewer.
Gedenkteken vir apartheidsmartelaars voorgestel
ʼn Familielid van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol het aanbeveel dat ‘n gedenkteken by Johannesburg Sentraal-polisiestasie opgerig moet word as ʼn nagedagtenis aan alle politieke gevangenes wat tydens die apartheidsera gesterf het.
Oudpolisielede kan dalk vervolg word oor Timol-moord
Die laaste persoon wat Ahmed Timol lewend gesien het, het Woensdag gehoor indien hy 46 jaar gelede betrokke was by Timol se dood, kan hy vervolg word vir meineed, sameswering om moord te pleeg en moord.