Timol-saak: Oudpolisieman misluk weer met aansoek

Joao “Jan” Rodrigues in die hof. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Joao “Jan” Rodrigues (80), die voormalige veiligheidspolisielid wat vervolg word in verband met die dood van die apartheidsaktivis Ahmed Timol, se hernude poging om sy vervolging permanent te staak, het weer misluk.

Rodrigues se aanvanklike aansoek om sy vervolging permanent te staak is verlede jaar ingedien en in Junie in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys. Hy het hierna teen die beslissing geappelleer.

“Hierdie is ʼn betekenisvolle oorwinning, nie net vir Ahmed Timol se oorlede ouers nie, maar al die slagoffers van apartheidsera‑misdade,” het Imtiaz Cajee, ʼn neef van Timol, gesê.

Rodrigues het aangevoer die hof het die verkeerde rigting ingeslaan deur 47 jaar na die voorval strafregtelike stappe teen hom in te stel, wat volgens hom inbreuk maak op sy reg op ’n regverdige verhoor.

Hy het ook aangevoer die regter het nie die doelbewuste politieke inmenging op die hoogste politieke vlak oorweeg nie, wat die wesenlike vertraging veroorsaak het.

Sy regsverteenwoordiger meen dit sou onbillik wees om Rodrigues te verhoor omdat die twee polisiemanne wat hom alleen saam met Timol in die vertrek agtergelaat het, dood is en dus nie kan getuig nie.

Timol was 29 jaar oud toe hy in Oktober 1971 in Johannesburg in hegtenis geneem is. Hy is vyf dae later dood.

Rodrigues is die laaste persoon wat Timol lewend gesien het. Sy getuienis was die kern van die ondersoek in 1972 wat bevind het Timol het sy eie lewe geneem toe hy van die tiende verdieping van die John Vorster-pleingebou in Johannesburg gespring het.

Timol se familie het egter geweier om dié verduideliking vir sy dood te aanvaar en die uitspraak is in Oktober 2017 deur ʼn hof omgekeer ná ʼn lang veldtog deur sy familie. Daar is toe bevind dat hy vermoor is. Rodrigues is in Julie verlede jaar van die moord aangekla.

Die saak is tot 28 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Lood Kurkprop ·

.
.
Wees eerder bekommerd oor die REGTER wat vir jou wag in die volgende dimensie.
.
.

Poot ·

@Lood Kurkprop
En daar loop vèl jy ook toe nou sommer ñ oordeel oor die man. Ironies nè…..

barend v d westhuizen ·

dit is n saak wat geld mors is die man is 80 jaar oud hom n die tronk sit ha ha waar om is dit gelos 47 jaar en nou wil hulle hom verhoor wat van al daar die laf hardige bom planters / tyre om mense sit en brand seek wanneer gaan hulle ook verhoor word waar om was die man dan nie 20 jaar trug verhoor nie

Heksie ·

Die arme man is stok oud, loop met behulp van ‘n kurk maar julle wil nou aanhou met jul gekarring. Hy het buitendien net opgetree volgens instruksies van “bo” en dié wat daar “bo” gesit het, is ook nou al lang bome toe. So hoekom moet hy nou alleen pa staan.

Lana ·

Die arme man??!! Nee wat, kierie, stokoud of nie, maak nie saak hoe lank na die misdaad nie, hy moet boet vir wat hy gedoen het. Sou jy dieselfde gesê het as dit ‘n pa of oom of oupa wat jare later van verkragting aangekla word. En vir die kommentaar dat hy net instruksies van ‘bo’ uitgevoer het, dis ook nonsies. Ons het ‘n plig om die regte ding te doen, ongeag wie watter instuksies gee. Jy is mos gebore met ‘n ruggraat of hoe?

AndrewL ·

Dis wat gebeur as “vryheidsvegters” se vryheid beperk word, dan moet menseregte die enigste maatstaf word.

Nettie ·

@Lana – mens, ek het my bedenkinge oor die beweegrede(s) agter sommige mense se begeerte om etlike dekades nadat ‘n misdryf na bewering gepleeg is, “reg en geregtigheid” te bekom. Soos bv. met Bob Hewitt en Dr. Solly Ozrovech en die Timol-saak. Daar is nou al vir die afgelope 25½ jaar sogenaamde ‘demokrasie’ in dié land – hoekom het die Timol-familie TOT NOU TOE gewag vir ‘reg en geregtigheid’ om te geskied? As hulle miskien nog in 1994 begin het met die soeke na ‘reg en geregtigheid’ kon mens nog verstaan het, maar NOU??? Nee wat, ek is seker sulke mense het verskuilde agendas en waarskynlik politieke en/of monetêre gewin in die oog.

Anne-Marie ·

Dis nou so tipes SA regering…..ons sal NOOIT vooruit kan gaan nie, hulle slaan kamp op in die verlede, en daar sit hulle, beweeg aan…dis 47 jaar in die verlede….die wat nou die grootste lawaai maak, was nie eers 47 jaar terug daar nie!!!! Eish mense, daar is groter probleme nou….47 jaar later…!!!!

Swanna ·

Weereens ‘n hekse jag agter ‘n ou! man aan omdat hy wit is en moenie vir my sê ek gooi die rasse kaart voor nie dit is ‘n feit soo ‘n koei.

Domvraag ·

Belaglik. Elkeen wil nou voorgehou word as n hero en die volgende is dan om aansoek te doen om miljoene as vergoeding?
Na meer as 40jaar bestaan die bewyse nog steeds ??l Sleutelgetuies al dood? Belaglik maar hoekom word die bomplanters van Pretoria nie ook aangekla nie?

Dr Phil ·

Die les hierin: moenie die laaste persoon wees om iemand lewend te sien nie…

JohanL ·

Die regter het in die saak EEN getuie gehad en dit was die aangeklaagde. Die regter het sy versie verwerp. Die regter het sy eie versie geskep en geglo. Die regter het op grond van sy eie versie besluit om die beskuldigde skuldig te bevind. Is dit hoe ‘n objektiewe regstelsel werk? Kan die mense verstaan hoekom ek so negatief is teenoor die regstelsel?

Aan Timol se neef ook net een vraag: “Baklei hy ook so hard om al die ongeregtighede wat die ANC teenoor sy eie kaders in aanhouding gepleeg het, na vore te bring? Nee, so gedink. Ek kan name van verskeie kaders noem, maar gaan dit daar laat.

lh ·

Baie ‘liefdevolle’ gesin. . . die Timol’s, laat my dink aan die Hani’s ook.
Ek sê net dankie Here dat na my seun se moord, ek nie haat en kwaad in my opgegaar het nie! Die mense sal seker eendag agterkom dat haat jou verteer. . .
Baie sterkte Meneer Rodriques, ek hou jou in my gebede.

HPV ·

Die begin van vervolging van ons almal wat in die veiligheidsmagte was.

Koos de Meyer. ·

Ek vra ook weer, wat van die bomplanters wat vrylik rondloop. mense is dood en andere vermink maar daaroor word geswyg soos die graf. Versoening my voet.

CFS ·

Wat van al die bomplanters by in Durban,Johannesburg en vele meer in die laat tagtigs.Daar is verskeie mense dood of vermink.

Poot ·

@Boerseun
Duidelik is jy van die Y-generation. Los die tipe redinasies vir diegene wat in daai ere groot geword het en weet waaroor dìt gegaan het.

marous ·

Waarom doen die prokureur nie aansoek vir ontslag na die sluiting van die staat se saak
nie ? Die getuienis volgens hom is net bespiegeling .

Poot ·

@Lood Kurkprop
En daar loop vèl jy ook toe nou sommer ñ oordeel oor die man. Ironies nè…..

Michael P ·

O genade ek gaan nou ook ontken dat ek op die grens diens gedoen het. anders staan ons ook een van die dae in die hof oor wT daar 43 jaar gebeur het.

m ·

Ja die wertlilwaar tragies, dat mense soos McBride vrylik rondloop, wat beantwoorfelik was vir groete atrocities in die naam van die “struggle” en die arme man is tagtig en word nog steeds vervolg vir iets wat hy moonlik nie gedoen het nie!!

lanie ·

Los die man nou uit. Hy het opgetree in die land se belang. Die regering het die opdrag gegee en nou lei hy daaronder. Apartheid is mos nou al so oud soos die berge. 25 jaar ???

Oujongvrou ·

So wat van al die kamptige vryheidsvegters, dan hoort hulle ook almal agter tralies. Daar is daagliks n yslike slagting in die land aan die gang en ek sien nie dat dit die regering uitermate pla nie.

Lana ·

Julle het gelees van die aanklagtes van mishandeling en mollestasie wat sy dogter teen hom aanhandig gemaak het? Nee wat, ek voel nie jammer vir hierdie man nie.

Hanlie ·

Pleks hulle eerder vandag se haat en geweld uitsorteer as om ‘n 80 jarige man te wil vervolg. Dis tipies hoe hulle is, want hulle kan nie vir hulleself dink nie.

Robert ·

Was daar dan nie onderhandel in Kempton Park vir vrystelling van dade van die weermag en polisie deur Roelf , Pik ens nie en wie vervolg en nie vervolg sal word nie.
Wat het geword van al daardie ooreenkomste ?
Lyk my dit was pure verniet.
Deel van die wigte en teenwigte !!!!

Christa ·

As iemand die boek: Die Lang Generaal; gelees het sou julle geweet het day Timol is vermoor deur die Generaal en Sy trawante, Wie diè ookal was

Christa ·

Mense lei meestal aan vervolgingawaan. Hulle Gaan kla na jare oor iets Om hulle haat te Kan vertroetel, onthou net as iemand Nou Sy straf kry, het Hy Sy straf klaar gekry. Al wat hulle Nou hoef the doen is om hul saak met hulle Groot Maaker reg te Maak dan is hulle sonde vergewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.