Maetu Kgaile, uitvoerende burgemeester van Matlosana, is Donderdag tydens ʼn mosie van wantroue van haar pligte onthef.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Oktober 2018
ANC in Gauteng sê e-tol ‘werk nie’
“Laat daar nie verwarring hieroor wees nie, dit is nie deel van die toekoms van die provinsie nie. Ons sal moet uitwerk hoe ons vir die paaie gaan betaal, maar nie deur e-tol nie.”
Ma (18) vas wat baba glo in straat agterlaat
“Volgens polisierekords is die baba op 28 September deur ʼn paartjie wat huis toe gestap het van ʼn kuierplek af aangetref toe hulle ʼn baba hoor huil het. Hulle het ondersoek ingestel en op die baba afgekom.”
Slegs een week oor vir belastingopgawes
“In een stadium vandeesweek het 20 000 belastingbetalers op presies dieselfde tyd by ons stelsels aangemeld.”
Vlieënier sterf: ‘Moenie spekuleer oor oorsaak’
“Ons sal sy heldepogings tydens die Knysna-brande van Junie 2017 en die Kaap St. Francis-brande in Januarie 2016 nooit vergeet nie. Ons bring saam met Nico se gesin en die brandbestrydingsgemeenskap hulde aan ’n ware heer.”
ToekomsVenster: Ons leef deur Hom
Dis ʼn oomblik van nugterheid wanneer ons lewens met ʼn damp vergelyk word. Damp het geen betekenisvolle lewe nie. Dis vlietend en gou verby.
Wiskunde Geletterdheid nie ’n vak vir dom mense nie
Wiskunde Geletterdheid is nie ’n vak vir “dom” mense nie, inteendeel, dis ’n aanwins vir enige leerling.
‘Sekspastoor’: Polisie-hoë ondersteun getuies by verhoor
Die metropolisie moes minstens een gespanne situasie ontlont toe ʼn struweling tussen die twee opponerende groepe, dié wat Omotoso ondersteun en dié wat teen seks- en geslagsgebaseerde misdade betoog, uitgebreek het.
Moenie te veel stres nie, dinge gaan nog skeefloop…
Moenie te veel stres nie, dinge gaan nog skeefloop … en dit is oukei. Dit gebeur met almal en dit is maar net hoe die lewe is. Dit is hoe jý dit sien en wat jý daarvan maak, wat saak maak.
Ramaphosa laat Jiba, Mrwebi ondersoek
Ramaphosa het gesê hul skorsing met volle betaling hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na hul geskiktheid vir hul poste tree vandag in werking.
Internet gons oor Meghan se modeflater
Die hertogin van Sussex het die eerste nege dae van haar en prins Harry se eerste amptelike toer as getroude paartjie haar beste voetjie voorgesit – tot Donderdag.
Die wêreld in foto’s – 25 Oktober 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Foto’s: ‘Oorweldigende opkoms’ by staptog teen rasse-uitsluiting
“Soos ons deur die strate gestap het, het optoggangers slagspreuke geskree wat tussen die hoë geboue van Sandton weerklink het. Dit was byna ʼn emosionele belewenis.”
Hollywood-akteur, nog ʼn politikus kry verdagte pakkies
Wetstoepassingsagentskappe in die VSA het bevestig dat daar ook verdagte pakkies aan ʼn voormalige adjunkpresident en ʼn Hollywood-akteur gestuur is.
ANC, DA behou setels in tussenverkiesings
Altesaam 12 kandidate van ses politieke partye en een onafhanklike kandidaat het aan Woensdag se tussenverkiesings deelgeneem.
Eindstryd: Daar’s nie vir Damian plek as losskakel óf heelagter nie
Damian Willemse het buite die struktuur van die SuperRugby-reeks nie op losskakel oortuig nie, en voor sy besering in die o. 20-Wêreldkampioenskap en meer onlangs vir die Westelike Provinsie ook effens gesukkel.
Stigting sê skole kan nie ‘jong kriminele huisves nie’
“Ons het die departement lankal gewaarsku oor die beleid om leerders net deur te sit. Die gewelddadige gedrag deur leerders wat al die vakke wou skryf, illustreer hoekom dit nodig is om die beleid te skrap.”
Podlitiek: Wapens agtergelaat en die ANC is vir AfriForum kwaad
In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ’n positiewe verwikkeling of twee.
1956-sege op Nuweland was Natal se eindstryd-paspoort
Natal, wat in 1956 in sy eerste Curriebeker-eindstryd in die doodsnikke met 8-9 teen Noord-Transvaal verloor het, moes in sy heel eerste uitspeelwedstryd die Westelike Provinsie op Nuweland klop om die eindstryd te haal.
DA-hoofsweep, nog 4 bedank oor De Lille
De Lille, burgemeester van Kaapstad, het vroeër tydens die vergadering harde woorde gehad vir haar kritici en politieke teenstanders.