Robbie Coetzee, haker van die Goue Leeus wat Saterdag ná 51 minute afgestuur is omdat sy stewel na bewering kontak met ʼn Sharksspeler se gesig gemaak het, is Maandag deur ʼn tugkomitee onskuldig bevind.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Augustus 2017
Ope brief aan SuperSport oor sportkwotas
AfriForum het vandag ’n ope brief gerig aan Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport, waarin Khobane versoek word om SuperSport se beleid ten opsigte van spraakvryheid op skrif te stel.
Oorsaak van Knysna-brande bekend
Die oorsaak van die verwoestende brande in Knysna en Plettenbergbaai in Junie, wat honderde eiendomme verwoes, en sewe lewens geëis en duisende hektaar grond afgebrand het, is Maandag bekend gemaak.
D-dag vir Hlaudi
Hlaudi Motsoeneng moet Dinsdag aan die arbeidshof verduidelik hoekom hy nie in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die SAUK 8-joernaliste nie.
Fietsryer sterf op N12 in Klerksdorp
ʼn Fietsryer is dood nadat ʼn bakkie hom Maandagmiddag op die N12 in Klerksdorp, Noordwes getref het.
Onnie sterf ná sy voor leerders geskiet word
“Sy het probeer wegkom en na die personeelkamer gehardloop. Hy het agter haar aangehardloop en haar weer geskiet.”
Drie in hof ná Jeffreysbaai-man se moord
Drie persone wat beskuldig word van die moord op Johan Marais (62) van Jeffreysbaai, het Maandag in die Humansdorp-landdroshof verskyn.
[Video] Tom Cruise beseer in waagtoertjie vir nuwe fliek
Die akteur is daarvoor bekend dat hy die meeste van die waagtoertjies in sy aksieflieks self doen.
Durban-strande gesluit oor rowwe seetoestande
Verskeie strande aan Durban se Suidkus is gesluit weens rowwe seetoestande wat oor die volgende paar dae verwag word.
Man in hof wat ‘aanvaller’ glo doodsteek
ʼn Sakeman van Witrivier in Mpumalanga, wat in hegtenis geneem is nadat hy ʼn beweerde aanvaller glo uit selfverdediging met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
[Boek] Die apies se dieretrein
Olifant ontvang ‘n uitnodiging na die apies se partytjie by Kokosneutbaai en klim dadelik in sy stoomenjin vir ‘n avontuurlike reis oor die hele Afrika-kontinent!
Gedenkteken vir apartheidsmartelaars voorgestel
ʼn Familielid van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol het aanbeveel dat ‘n gedenkteken by Johannesburg Sentraal-polisiestasie opgerig moet word as ʼn nagedagtenis aan alle politieke gevangenes wat tydens die apartheidsera gesterf het.
86 dae ná gru-ongeluk bly gesin hoopvol
Die familie van ʼn man van Tzaneen in Limpopo wat ná ʼn motorongeluk vroeër vanjaar ʼn ernstige breinbesering opgedoen het, glo vas hy sal deur middel van gebede en geloof eendag weer ʼn normale lewe kan lei.
Muthambi ontken sy gee poste vir familie
Volgens die berig het sy ooms, nefies en niggies aangestel as ondersteuningspersoneel, motorbestuurders en adjunkdirekteure.
ToekomsVenster: Jesus maak die storm stil
Hoe hanteer jy jou stormsee?
Diaan, Leah en Quanita is susters in nuwe fliek
Dié fliek – wat Susters heet – vertel die verhaal van drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en weer herenig word wanneer hulle op ʼn ontdekkingsreis gaan ná die afsterwe van hul ma.
Force-besluit: Die stryd begin in alle erns
ʼn Mens hoef nie van die Aussies te hou nie en kan hulle van baie dinge beskuldig, maar dalk kan hulle ons tog ʼn les leer van hoe om saam te staan en nie om tou op te gooi nie.
Oosthuizen maak prettige video ná hy ‘slam’ behaal
Louis Oosthuizen het ʼn prettige video gedeel nadat hy Sondag ʼn “loopbaan-slam” behaal het in die Amerikaanse PGA-kampioenskap.
Pret op Plett
Carina Stander, wat al tien jaar in die kontrei woon, het drie lekker doendinge gelys wat jy in jou knapsak kan hou vir wanneer dit nié prettige strandweer op Plettenbergbaai is nie.
Nóg ʼn terugslag vir Lily-mynwerkers
Net meer as 18 maande ná bedrywighede by die Lily-myn in Barberton in Mpumalanga gestaak is nadat ʼn skeepshouer by die myn in ʼn reuse-sinkgat geval het, het nog ʼn terugslag die werkers by die myn getref.