“Dit is belangrik dat mense verseker dat hulle aan die afsonderingsregulasies voldoen want as hulle dit nié doen nie, kan hulle ʼn misdaadrekord kry.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Tuinroete"
Tuinroete: Geen visvang sonder permit toegelaat
Dít volg nadat vakansiegangers na bewering met visstokke na die strande gestroom het onder die voorwendsel dat hulle visvang.
Opname: Duisende vakansiegangers kanselleer hul besprekings vir Tuinroete
Die Tuinroete is die afgelope week altesaam R3 927 219 in aanlyn besprekingswaarde kwyt.
‘Brei Covid-19-Ters in Tuinroete uit’
“Die ekonomie steun op die toerismebedryf. Die feestyd sou ʼn sleutelkans vir ekonomiese herstel gewees het met besoekers wat na die provinsie sou stroom.”
DA dien hofstukke in oor Tuinroete se strande
Nié pres. Cyril Ramaphosa óf minister Nkosazana Dlamini-Zuma het teen die gegewe spertyd hul besluit rakende die Tuinroete-distrik se strande regverdig nie.
Tuinroete-strande: Regering vra nog tyd om te reageer
“Die feit dat die nasionale regering meer tyd gevra het om te antwoord op ons brief, waarin redes gevra word vir die besluit om die Tuinroete se strande te sluit, toon net dat daar geen redes was om mee te begin nie.”
Hofaansoek oor Tuinroete-strande gebring
Die saak dien Dinsdag 22 Desember voor die hof.
Wes-Kaap vra herbesinning oor Tuinroete
Daar heers ook verwarring oor drankverkope op wynplase nadat die nuwe regulasies in die Staatskoerant gepubliseer is.
Tuinroete reg om besoekers te verwelkom
“Die toerismebedryf lewer een van die grootste bydraes tot die streek se BBP en dra ook by tot werkskepping. Die bedryf help die Tuinroete om die boeke te laat klop.”
Tuinroete nou brandpunt vir Covid-19
Daar heers veral kommer oor George, Knysna en Bitou.
Hond herstel goed ná sy geskiet is
Dit het aanvanklik gelyk of Brownie dringend ’n operasie sal moet ondergaan.
Uiteet met ʼn uitsig en ikoniese dagstappe in die Tuinroete
Dis amper weer herfsvakansie, die tyd van die jaar wanneer Suid-Afrikaners van heinde en ver na die Tuinroete stroom vir ʼn kort en kragtige breek. Carina Stander deel ‘n paar reiswenke vir jou vakansie.
Deurkruis die Crags
As jy net ʼn week in die Tuinroete vertoef, is die kans goed dat jy iets van alles sal beleef: bewolkte weer én salige, windstil stranddae. Wanneer dit nie volmaakte strandweer is nie, is die Crags ʼn uitstekende omgewing om te verken.
Slaap in ʼn woudhuis, smul by ʼn plaaskombuis
ʼn Netjiese plankpad kronkel deur die inheemse bos tot by die voordeur van ʼn huis tussen die takke. Die mure is van tentseil en hout. Buite die badkamer pik-pik ʼn Knysnaloerie vir sy eie weerkaatsing teen die venster. Die slaapkamer ruik na pluksels fynbos – bergbruidjies, suikerbos en heide in ʼn blompot.
Mooie Mosselbaai: Hier gaat dit geil!
Soos my man, Gerrit, sê: “Mosselbaai blaker nie vir die hele wêreld uit hoe lekker plek dit is nie. Mens moet dit maar self kom ontdek.”
Aan die oewer van die Goukammarivier
Aan die oewer van die Goukammarivier is die skemerlug gevul met swaeltjies en vinke wat na hulle neste terugkeer. Hier in die stokou bosvy van Blackwater River Lodge wemel dit van die Knysnaloeries wat aan die vye smul.
Wrakstap, wildrit en skaapkop by die see
“Toe skuif ek my doenlysie eers eenkant en dink: Basta, nou rus ek vir ʼn volle 48 uur saam met my gesin!” Carina Stander en haar gesin verken Grootbrak, Kleinbrak en Glentana.
George weer oop vir sake ná brande
“Ons dorpe is ten volle aan die gang en gereed om toergroepe en besoekers by te staan wat die gebied besoek.”
ʼn Dag van fantasieskepe, palmbome en okra
Carina Stander deel avonture van hul gesinsreis deur Mauritius en Réunion.
[Foto’s] Tsitsikamma: Plek van sprankelende water
Op die snelweg na die Tsitsikamma blom die fonteintjiebos dié tyd van die jaar al langs die pad in pers trosse teen die donkergroen inheemse woud. Broccoli-bome, noem ons seuns dié woude, skryf Carina Stander.