Die drankbedryf betaal sowat R2,5 miljard per maand aan aksynsbelasting.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "afsonderingsregulasies"
Pa vas wat melk koop: Polisie se optrede ‘skokkend’
“Die pa se inhegtenisneming en aanhouding was ongetwyfeld onregmatig.”
Solidariteit ten gunste van ‘veilige’ terugkeer werk toe
Solidariteit het ’n tienpuntplan om gesond terug te keer werk toe aan honderde werkgewers gestuur. Só lyk die plan:
‘Regering faal deur eerste inperking nie behoorlik te benut’
Die feit dat Suid-Afrika op vlak 3 van die inperking bly te midde van ʼn enorme styging in nuwe gevalle van Covid-19, bewys dat die regering verlede jaar totaal oorreageer het met uiters drakoniese maatreëls wat die ekonomie onnodige skade berokken het.
Covid-19: Vlak 3-regulasies bly van krag; aandklokreël verkort
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land toegespreek oor die jongste afsonderingsregulasies tydens die Covid-19-pandemie.
Polisie met stoele gegooi; 3 vas ná onwettige kerkbyeenkoms
Drie mense is in hegtenis geneem nadat die polisie Sondag rubberkoeëls en skokgranate ingespan het om mense uiteen te jaag na ’n onwettige byeenkoms in ’n kerk in Sebokeng, suid van Johannesburg.
Vergaderings oor inperkingsmaatreëls: Dié kwessies verdeel
Ramaphosa het Sondag vergaderings met onder meer kerkgroepe en die provinsiale premiers gehou.
Trokdrywer vas wat byna 1 900 kaste bier vervoer
Die bestuurder van die vragmotor het nie oor ’n permit beskik om alkohol gedurende vlak 3 van die afsonderingstydperk te vervoer nie.
Drankhandelaarsvereniging pleit vir opheffing van drankverbod
Drankwinkels is op hul knieë weens die derde verbod op drankverkope. Sommige het reeds aangedui dat hulle nie hul werknemers se volle salarisse aan die einde van vandeesmaand sal kan betaal nie terwyl hul voorraad boonop verval.
Aandklokreël: Pa vas toe hy melk vir pasgebore baba gaan koop
Die man se vrou moes in die vroeë oggendure met hul pasgebore baba na die toneel stap om die formulemelk te gaan haal voordat haar man na ’n polisiestasie geneem is.
Man met drank in motor val in modder vas
Die man het ’n afdraaipad geneem in ’n poging om die owerhede te vermy.
‘Cele doen strandbesoeke wyl SA’ners in vrees leef’
Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder, het vroeër ’n video op Twitter gedeel wat wys hoe ’n branderplankryer op Langebaan aan die Weskus in hegtenis geneem word.
Fopnuus dat Ramaphosa vanaand praat
Verskillende weergawes van die boodskap word steeds versprei, met een van die skermskote wat selfs ’n eNCA-logo op het.
Meer as 85 in Mpumalanga vas wat regulasies oortree
Minstens 49 van die persone is in hegtenis geneem omdat hulle versuim het om ʼn gesigmasker in ʼn publieke ruimte te dra.
Minister veroordeel verspreiding van ‘ou foto’
’n Foto van minister Thulas Nxesi waarin dit voorkom of hy die afsonderingsregulasies verontagsaam, het die lig gesien. Die minister hou vol die foto is reeds jare gelede geneem.
Honderde in Gauteng agter tralies ná Oujaar
Die inwoners van Hillbrow in Johannesburg het egter vir die tweede agtereenvolgende jaar met polisiebeamptes saamgewerk en daar is geen misdaadvoorvalle in dié buurt aangemeld nie.
Matriekeindeksamen: Minister kondig nuwe regulasies vir nasieners af
Sowat 45 000 nasieners begin Maandag by 181 nasiensentrums landwyd aan 1 058 699 kandidate se antwoordstelle merk.
Tuinroete: Geen visvang sonder permit toegelaat
Dít volg nadat vakansiegangers na bewering met visstokke na die strande gestroom het onder die voorwendsel dat hulle visvang.
Byna 500 oor Oujaar in Limpopo vas
Sommiges is in hegtenis geneem nadat hulle nie gesigmaskers in die openbaar gedra het nie, terwyl ander nie die aandklokreël gehoorsaam het nie.
Nuwejaarsdag: Geen traumagevalle by Chris Hani vir eerste keer ooit
Die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het vir die eerste keer in dié hospitaal se geskiedenis op Nuwejaarsdag tot dusver nog nie ’n enkele pasiënt by sy trauma-eenheid behandel nie.