Rampbestuurwet moet hersien word – Covid-19-verslag  

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mika Baumeister / Unsplash)

Die Wet op Rampbestuur moet hersien word op grond van die ervarings tydens die Covid-19-pandemie om ’n meer omvattende raamwerk vir die bestuur van enige toekomstige rampe te verseker.

Dit is een van die aanbevelings in ʼn omvattende verslag oor die maatreëls wat deur die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer is om die impak van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te bestry.

Die verslag is gekonseptualiseer deur die senior bestuurspan van die departement van beplanning, monitering en evaluering, en is saamgestel in samewerking met die staat se tegniese adviessentrum (GTAC), die Nasionale Navorsingstigting (NRF) en meer as 80 kundiges. Dit fokus op die regering se reaksie tydens die eerste en tweede vlae van die pandemie van Maart 2020 tot Maart 2021.

Ramptoestand

Die maatreëls wat die regering ingevolge die Wet op Rampbestuur geneem het om die verspreiding van die Covid-19-pandemie te versag, het lewens gered en tyd gekoop vir mediese fasiliteite om voor te berei om mense met die virus te behandel, word daar in die verslag aangevoer.

Daar het egter verskeie regs- en bestuurskwessies in die regering se rampbestuurpogings na vore gekom met sommige besluite en regulasies wat deur die howe as irrasioneel en nie regverdigbaar bevind is nie terwyl daar ook sake oor die grondwetlikheid van die regulasies was.

Daar word aanbeveel dat die duur van ʼn ramptoestand beperk moet word om te verseker dat die verskillende afdelings van die regering terugkeer na hul normale funksies sodra die onmiddellike bedreiging aandag gekry het.

Die profiel en belang van rampbestuur moet ook op alle regeringsvlakke verhoog word. Alle staatsdepartemente, munisipaliteite en entiteite behoort sentrale rampbestuurseenhede te vestig, en ʼn toegewyde “pandemie”-eenheid moet in die departement van gesondheid gevestig word, tesame met toepaslike regulasies en protokolle om nasionale rampe te bestuur en toegang tot inligting te stroomlyn.

‘Verwarrende en teenstrydige boodskappe’

Die verslag voer aan dat dit die regering se plan was om ʼn gekoördineerde, naatlose en geïntegreerde reaksie daar te stel en duplisering en teenstrydighede te vermy in die stryd teen die Covid-19-pandemie.

Die behoefte aan ʼn vinnige reaksie tydens die nasionale ramptoestand het egter beteken dat ʼn aantal kennisgewings op baie kort kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer is, waarvan sommige tot verwarrende en teenstrydige boodskappe gelei het. Die vinnige vestiging van ʼn plan vir die hantering van die ramp het verskeie tekortkominge uitgelig, insluitend opvallende leierskapsmislukkings en -tekortkominge op nasionale, provinsiale en munisipale vlak, en onvoldoende kapasiteit en hulpbronne om die Covid-19-krisis te hanteer.

Daar was ook ʼn oplewing in korrupte praktyke en samespanning tussen die staatsdiens en private sektor, wat vertroue ondermyn en wydverspreide openbare woede tot gevolg gehad het.

Hoewel die strukture wat gevestig is om die pandemie te bestuur met hoë vlakke van institusionele toewyding gedurende die krisis gefunksioneer het, is kommer oor die legitimiteit, funksionaliteit en aanspreeklikheid daarvan geopper.

Daar was ʼn gevoel dat politieke toesig en aanspreeklikheid gekompromitteer is ten gunste van vinnige uitvoerende optrede. Daar is ook aangevoer dat die land ʼn “van bo na onder”-benadering aanvaar het, wat daartoe gelei het dat sommige besluite nie deursigtig was nie en demokratiese praktyke ondermyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Heinrich ·

Stap nr 1, verwyder die ANC, EFF en BBEEE uit die beplanning uit en dinge gaan klaar beskaafd verloop

Johannes ·

Baie maklik om uit te werk . Almal wat dit wat die regering te sê het oor wat verander moet word oor die covid 19 Rambestuurwet is ‘n totale leuen. As hulle gesê het hulle word beheer deur die nwo en dat hulle alles implementeer en doen volgens die instruksies wat hulle ontvang en die plan of doel is om totale oorheersing te verktry oor elke mens en alles op aarde en om alles in elke land te vernietig.Dit is ‘n volslae aanslag teen die hele Christendom op aarde. Mense en die wat glo en nog nie glo dat Jesus ons enigste verlosser nie. Ons is nou nader as ooit aan die terugkoms van Jesus Christus waar Hy hierdie tydelike woning waarin ons nou woon sal kom vernietig asook alle euwel en almal sal oordeel soos Hy gesê het Hy nog gaan kom doen om sy verheerlikte koninkryk te kom oprig waar al die navolgers van Jesus in ewige vrede,vreugde sal leef en sy Lig vir ewig sal skyn. Die euwel sal nie slaag nie maak nie saak watter planne hulle maak nie. Jesus is in beheer vir ewig en ewig.

Hennie ·

Het dit lewens gered? Hoeveel mense kripeer nou van ellende? Hoeveel mense het selfmoord gepleeg agv daarvan? Hoeveel gaan nog selfmoord pleeg agv daarvan? Hierdie vlakhase kan nie ‘n sneeu partytjie reël in die Suid pool nie, nou wil hulle die goed doen!

Swerwer ·

Voor daar nie van die wonderlike, eerlike, hardwerkende heersende party kader, die Ekonomiese Vryheids vegters wat ons land se ekonomie so mooi bestuur en die wonderlike BBEEE wat slegs aanstellings magtig vir poste/werk van onbevoegde lansburgers sowel onwettige immigrante/immigrante ontslae geraak word, kan daar maar vergeet word om ’n meer omvattende raamwerk vir die bestuur van enige toekomstige rampe te verseker.

LANA is ELANè ·

Hou asb op om enige maatreëls rondom mense se gesondheid af te forseer.
Die cANCer regime reguleer ons reeds tot teen die been in absolute armoede en werkloosheid. Los die mensedom uit om oor hul eie gesondheid te besluit, dit is deel van liggaamlike integriteit, die staat is nie ons ouers nie!!!
Julle verkrag ons met al julle regulasies wat tog net uitloop in die een of ander vorm van korrupsie vir gulsige regerings amptenare wat alewig gereed staan om geld vir “mahala” te kan ontvang.

Johan ·

Skrap die wet en maak seker die parlement en enige politici regeer oor die Uniegeboue en die tuine daar. Los ons uit om die land aan die gang te hou. Verder mag medici nooit ooit weer insae oor ons lewens hê nie, buite hul spreek kamertjies mag hul beweeg, maar mag niks sê nie.

Oros Soros ·

Nikseggende samestelling van ‘n groep apologetiese idiote. Die Covid 19 regulasies was ongrondwetlik en daar is vreeslike onreg gepleeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.