Dlamini-Zuma verleng ramptoestand

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het vandag die nasionale ramptoestand op Covid-19 tot 15 Maart 2022 verleng.

Dit volg ná ʼn spesiale kabinetsvergadering om te bepaal tot watter mate die bestuur van die Covid-19-pandemie steeds die ramptoestand nodig het en die regsraamwerk om die virus buite die Wet op Rampbestuur te bestuur, sê die minister in ʼn verklaring. “Dit stel die regering in staat om alternatiewe maatreëls op te stel om verdere uitbrekings te monitor en te beheer.”

Onder die huidige regulasies is byna alle ekonomiese en sosiale beperkings opgehef. “Die land en die res van die wêreld betree nou ʼn nuwe fase van die pandemie wat van ons vereis om met die virus saam te leef. Soos wat ons met hierdie nuwe periode van heraanpassing begin, moet ons almal gelei word deur die regulasies.

“Lesse wat ons van ander lande geleer het, het gewys dat die opheffing van alle beperkings tot ʼn toename in gevalle kan lei. Ons moet dus steeds ons maskers te alle tye bly dra wanneer ons in die publiek is; sosiale afstand handhaaf; ons hande gereeld met seep of ontsmettingsmiddel was; en seker maak dat ons in ruimtes is wat behoorlik geventileer is. Ons moet onthou dat dit steeds ʼn strafregtelike oortreding is om nie ʼn masker te dra nie,” het sy bygevoeg.

“Kom ons konsolideer wat ons tot dusver bereik het deur te voldoen aan Covid-19-regulasies en protokol. Ons het almal die verantwoordelikheid om lewens te red en te voorkom dat gesondheidsfasiliteite oorweldig word deur moontlike toekomstige variante. Ons maan dus almal om hul deel te doen en landswyd by die veldtog aan te sluit om mense aan te moedig om hulself te laat inent sodat ons almal veilig kan wees deur onsself en diegene om ons te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Oros Soros ·

Daar is geen wettige rede hiervoor nie. Diktatorskap word verleng en grondwet weereens misken.

Deon ·

Nog n ding wat die anc met die broek op die kniee vang… Hulle moes mos nou al n paar ‘pointers’ gehad het wat sal aandui wanneer hulle die ding gaan stop.

Marius ·

Moet nou eers kyk wat gebeur in die res van die wêreld. Hul kan geen intelligente besluite neem nie.

Mieke ·

Nie eers dit nie…. Eenvoudig kortsigtig en uiters selfsugtig.

Jan GL ·

Sy laat my dink aan n bekende houtpop. Die se neus groei mos elkekeer as hy lieg. Nou na amper 2 jaar het hasr regering tyd nodig om sekere wetgewing te verander. Sy sal nooit van haar mag afstand wil doen nie. Te hel met demokeasie waarvoir hul so hard geveg het. Dis eerder n geval van “Me, myself and I”.

anniekiewiet ·

Hulle het mos nou hulle skerp kommunistiese tentakels in die ekonomie ingekry, daarom sal dié vrou en kabinet nie opgee daarop nie. Hulle weet nie eers hoe om ‘economy’ te spel nie, wat nog van verstaan.

casper ·

Die pandemie ramp is lankal verby — Die ANC ramp sal nog baie lank bly !!

JohanR ·

Surprise surprise…..dis omtrent al wat sy deedae kan doen!

annie ·

Tannie-kom-elke-maand-weer beweer dat ons nou sal moet leer om met die virus saam te leef. Op watter wetenskaplike gronde berus haar aanname dat die virus vir ewig en altyd met ons is? Of is dit daai nuwe fabriek in die Kaapse wat die ewig-brandende vuurspuwende berg spuitkrag gee. Mense ons moet bid vir bevryding van die bose…

Liesje ·

Dink ook die fabriek is grootste motivering. Kyk nou mooi. Mandaat vir sg inenting gaan vir hele land ingestel word. Daarvoor het hulle verlenging v sg ramptoestand nodig

Jacob ·

Die dra van maskers is ondoeltreffend, dus is daar geen logiese rede om dit te verplig nie. Dit gaan oor politieke magsbeheptheid wat hoogs waarskynlik as gevolg van ‘n swak selfbeeld is. Enige “leier” wat die dra van maskers as voorkomend vir die verspreiding van die virus verkondig, is so oningelig dat hulle hulle poste moet ontruim en plek maak vir ingeligte, verantwoordelike, ware leiers.

Aangaande die “inentings”; ons weet dit werk nie, ons weet daar is aanduidinge dat dit dodelike gevolge op die langtermyn mag, gaan en reeds opgelewer het en ons weet dat natuurlike immuniteit die enigste wyse is waarop ons Covid 19 kan beheer. Ek het toegang tot 18 publikasies in Lancet, BMJ, MedRxiv, ens wat dit bevestig.

Ons kan dus tot die gevolgtrekking kom dat die regulasies onwettig is en dus is dit die plig van elke verantwoordelike landburger om dit uit te daag op alle vlakke. As ons dit nie doen nie, gaan ons reduseer word tot papegaaie in ‘n kou.

CA ·

Reduseer tot papegaaie…? Jy bedoel soos die Chinese stelsel, waar daar feitllik geen Covid-19 is nie, en die ekonomie daarom floreer? Klink na ‘n baie beter stelsel waar mense hulle persoonlike vryhede balanseer met verantwoordelikheid vir hulle samelewing.

Jacob ·

CA, China is berug vir sy vertrapping van menseregte, dwangarbeid wat eintlik niks minder as slawerny is nie en die moord op mense om hulle organe te oes vir hoogs winsgewende oorplantings op baie welaf mense. Indien dit is waarna jy smag, is ek seker dat die Chinese jou met ope arms sal verwelkom.

Samuel ·

Inentings werk nie en ek stem saam dat die inperkingsmaatreëls en maskers ens slegs die sentrale beheer begrip dien.

Pieter ·

Hoe lank gaan die gemors nog verleng word? Al ramptoestand wat ons tans in Suid Afrika beleef is die anc regering.

Vonkprop ·

Ai kan iemand tog net vir haar die 2022 papier gee. Sy lees nog die heeltyd van 2020 se papier af. One job people, one job.

Chris ·

Die onversadigde honger vir mag en beheer – en die mense bly toets – sonder die toetse het hul nie ‘n lat om ons mee te slaan nie.

Chris ·

En die U-OVS Studente word gedwing, nie vrywillig nie – nie met “consent” nie, wat nog gepraat van “informed” om die spuit te neem. Dit is ‘n skande!!

piet ·

Ek dink nie sy het ‘n keuse gehad nie siende dat die kabinet nog nie hieroor besluit het nie. Sover ek weet moet die ramptoestand voor die 15de van die maand verleng word. Dit kan natuurlik onmiddellik opgehef word sodra die kabinet so besluit.

Waarnemer ·

Solank as wat sy die septer swaai kan sy enige dag sodra haar seuntjie geld benodig,die drank en sigaret kraantjie weer toedraai…sonder die ramptoetstand kan sy diit nie doen nie….

Nico ·

Het sy ‘n mediese doktors graad, hoekom luister sy nie vir Dr. Rapiti nie, hy wat eerste handse kennis het. Sy gaan die ekonomie verder verswak.

Misky ·

Sjoe, lekker lag ek nou vir jou!!!! Ek kan dit sommer hoor.

VaalDonkie ·

Dit was die eerste 15 dae oor COVID, van dag 16 af was dit suiwer net oor die “National Democratic Revolution”. En dit gaan in die res van die westerse wereld ook so. Almal het in ‘n oogwink mal geword toe hulle besef hulle kan al hul wense gestand doen deur ‘n ramptoestand af te kondig en vir hulself nuwe magte toe-eien.

Antoinette ·

Wonder partymaal wie is president Ramaphosa of Dlamini-Zuma.

Witbaard ·

Wat het gebeur met die hofaansoek om dit te probeer verhoed?

Annamarie ·

En kom 15 Maart, nog n maand !!!!!!! Never ending story!!!!

Lindi ·

Net om haar gesig te sien maak dat ek simptome toon – naarheid, maagwerkings, kopseer! Hemeltjie tog! HOEKOM?

Julius ·

Ek weet hoekom sy dit verleng het nie want ek het dit reeds tot Junie 2023 verleng. Hou vas mense!

Swerwer ·

Belaglik. As sy van die verskriklike kopdoeke ontslae raak sal haar denke dalk vryeteuels kan neem.

Kaytee ·

Ek het van die begin af nie gehoor gegee aan enige regulasies!! Dit is ‘n totale gemors en dit werk in elk geval nie. Ek weier om ‘n masker te dra of te sanitize, so sy kan haar goed verleng net soos sy wil, ek sal nie luister nie – en ek was nog nie een keer siek nie.

JL ·

Krap sal daar gekrap word aan die “pot” se bodem totdat daar waaagtig nie eers meer ‘n nerfie oor bly nie.

TRP ·

Ek wonder of die woord “pandemie” nog gepas is, is daar nie ‘n maksimum of minimum sterftes per bevolking wat hierdie woord regverdig?

Samuel ·

Ek is veilig sonder ‘n prik, dankie. Tannie Kopdoek, jy kan die volk nie lei nie. Pffffffft

#Maarnetmyopinie ·

Ag Bull-twang!!! Magsbehepte diktators sal nie maklik hulle nuutgevonde mag en plesier vrywillig aflê nie! Ek dink ons kort ook ‘n paar trokdrywers soos Kanada…

john ·

Sy sal dit verleng en verleng sy is magsbehep . Sy moet gestop word

Androclus ·

Hoekom stuur hulle nie CR en sy kabinet na ‘n ouetehuis nie,want dis daar waar hulle hoort.

Louis ·

Al die wêreld regerings het hierdie pandemie uiters swak bestuur. Nou is dit kastig tyd dat ons ‘n nuwe fase van die pandemie betree en met dit saam te leef! Dit is hoe dit van die begin af hanteer moes word. Klomp swape wat voorgeskryf word deur seniele ou mans soos Soros, Gates en Schwab wat dink hulle kan die wêreld se probleme oplos.

Marianna ·

Maar natuurlik gaan ons nog ingehok word. Daar moet regverdiging wees vir die geld wat hulle gekry vir Covid en die vaccine fabriek. Onthou ook Tedros was in die land. Zuma moet goed lyk voor hom deur te wys hoe sy die leisels hou. Vir hoe lank nog gaan ons dit duld??

donsie ·

sy is al 73 jaar oud, is is dit nie tyd dat sy sassa trek nie? hoeveel jaar wil sy nou nog werk, gebore 27 jaruarie 1949

Di ·

As die Disaster Management act gestop word gaan ons maar nog steeds met wette sit – Dit gaan nou onder die National health act geimplementeer word en daarom is dit verleng vir nog ‘n maand totdat hierdie wette in plek is wat dan geplubliseer sal gaan word in die Staatskoerant. Die Minister van Gesondheid het in nuus bevestig dat die volgende wette nog steeds in werking sal wees:

Wearing masks: Face coverings are set to be part of the so-called ‘new normal’.
Sanitising: Good hand hygiene will be a cornerstone of ‘living with COVID’.
Social distancing: Phaahla hinted that spacing out in indoor areas could be with us ‘until the end of the year’.
Gathering sizes: The government is still concerned by the threat of ‘super-spreader events’.

Dis als presies wat huidiglik onder die Level 1 vlak van toepassing is.

fs ·

ag pok man rerig nou.. almal doen in elk geval soos hulle wil. gaan kyk in die woonbuurte – GEEN masker van ‘n dag oud en almal party en kuier tot wie weet watter tyd en hang aan mekaar, drink uit dieselfde bottle, rook aan dieselfde sigaret en siedaar geen miljoene sterf nie.. RERIG! genoeg nou

Mariana ·

Hierdie land gaan nooit verlos word van die sogenaamde ramptoestand nie, nie terwyl daai vrou daar sit nie. Ramapoza moet begin om sy toutjies wat sy so trek af te sny. Hy het as president geen seggenskap nie, sy maak al die besluite ..en sy is ‘n Zuma ook nog.

Ria ·

Om te dink dat ‘n Zuma moet bepaal of ons nog n ramp beleef of nie nie. Sy IS die ramp

Santjie van Soendal ·

Nou gaan ons haar nog steeds op TV kan sien met haar kopdoek…..wonder of daar goud ingevleg is….en hou sy die land gevange in die holte van haar hand….Ek sal tel tot tien, dan sal ek nie vloek nie.

Papsak ·

Sy is belaglik niemand vat meer aan haar geaanskywery nie maar lag haar uit sy is n virus haal daai lap om jou kop af want jy dink nie mooi watjy mee besig is nie jy pateties gaan huis toe!!!!!!!

My siening ·

As jy n dowwe brein het is dit maar seker omdat jy n kader van awak gehalte is!

Alex ·

Sy is van haar kop af. Geheel en al. Die ou gade in die regering is besig om die land te verwoes vir die jonger geslag. Dit moet nou stop!

SomeOne ·

wie het haar die reg gegee om die ramptoestand te verleng of wysiging daaraan te maak soos sy wil ????
is dit in haar werksomskrywing dat sy dit mag doen ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.