Gedagte vir die dag: Gebed in moeilike tye

Argieffoto (Debby Hudson/Unsplash)

“Roep na My in die dag van nood. Ek sal jou verlos en jy sal My eer.” (Psalm 50:15)

Skrifgedeelte
Psalm 50:15 (NLV)

Oordenking
God se Woord gee die moontlikhede en gevolge van gebed.

Gebed se reikwydte strek ver. Dit dek ons moeilikhede; dit is so universeel soos hartseer en so oneindig soos droefheid. Gebed kan die boosheid verlig wat God se kinders tref. Daar is geen traan wat gebed nie kan afdroog nie. Geen wanhoop wat dit nie kan verdryf nie. Geen terneergedruktheid wat dit nie kan verlig nie.

Gebed bring God tot ons redding, en daardeur sien ons die heerlikheid van sy almag.

Gebed

Here, ek weet ons sal moeilikhede in hierdie lewe ervaar. Dankie dat ons kan weet ons hoef nie moed te verloor nie, want U het hierdie wêreld reeds oorwin. Amen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek my hoop , my verwagting by U alleen kan kry… Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.