Tuinroete nou brandpunt vir Covid-19

(Argieffoto: pixabay)

Die Wes-Kaapse regering het Dinsdag ʼn dringende brandpunt-waarskuwing vir die Tuinroete uitgereik weens die vinnig toenemende getal Covid-19-gevalle in dié gebied.

Daar heers veral kommer oor George, Knysna en Bitou.

George het tans die meeste aktiewe gevalle (628) in die Wes-Kaap nadat 160 nuwe gevalle oor die naweek in dié dorp aangemeld is. Knysna en Bitou het albei 145 nuwe gevalle aangemeld terwyl Mosselbaai en Hessequa onderskeidelik 41 en sewe nuwe gevalle aangeteken het.

Die streek beleef ook ’n toename in die getal pasiënte wat met Covid-19 in die hospitaal opgeneem word.

Die provinsiale regering sê daar is voldoende kapasiteit in die provinsie se hospitale om die toename te hanteer hoewel inwoners verantwoordelik moet optree om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Die Tuinroete se brandpuntspan doen intussen meer siftingstoetse.

“Ons werk ook nou saam met die munisipaliteite, omgewingsgesondheidspanne en belanghebbendes in die streek om die verspreiding te bestuur en te beperk. Ons fokus ook veral op kwesbare groepe, insluitend ouetehuise.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Probeer Estcourt of Orania, ou maat. Baie beter.

Colombo ·

Jy kan maar kom.Dit is hier wat Covid aanbetref dieselfde as die res vanSA.In alle ander opsigte baie beter

Strandloper ·

Ai, ai…so baie produkte, tog net EEN wat 100% gemoeds rus gee. Ek probeer nou al vanaf level 5 lockdown om tot mense deur te dring.(Maroela ingesluit) Die wyses volg raad…wel ek kies om ou bene te maak…(HOCl)

Andréas ·

Praat asb net duidelik met almal? Nie almal lees tussen lyne nie. Dra GOD se boodskap ondubbelsinnig en sonder om te verwar oor…

Elzabe ·

Vraag as dr jou Sondag sê jy is positief, hoe kan dieselfde dr Dinsdag sê jy mag reis, rondry want jy hoes nie? Dalk is ek vreeslik onnosel maar die som van 1+1 is baie beslis nie 2 nie. Omdat mense so selfsugtig/roekeloos met die virus omgaan is rede hoekom syfers hoër en hoër is. ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.