Laatmiddag bereik ons die bergplaas Pitlochrie in die suidelike Drakensberg. Dis herfs, en alles is in ʼn ambergloed gehul – die berge, die geil gras, die trop perde. Die laning akkerbome verkleur. In die tuin is die koperbeuk se blare oranje, die eikehout bloos bloedrooi en die silwerberk lyk of dit in geel vlamme opgaan.
Lees meerAlles deur die skrywer Carina Stander
Verrassings op die ompad dié herfs
As jy van voor af wil lief word vir die land, doen jouself ʼn guns en gaan op ʼn sloertoer. Vat die grondpaaie, die onbekender bergpasse. Ondersteun die afgeleë gemeenskappe. Groet mense in hulle eie taal. Reis stadiger. Word stil.
Tsitsikamma-staproete: Asemrowend in elke opsig
Hierdie is ʼn storie oor vriendskap, veldblomme, boomvarings, gebergtes, vuurvlieë en die borrelklank van water in die Khoiwoord, Tsitsikamma.
Blitskuier in Kaapstad: Maak die meeste van jou naweek
Met ʼn onlangse blitsbesoek aan Kaapstad was dit heerlik om weer onder die vel van die stad in te kruip. Dié was ons avonture vir die naweek:
Plaassjarme en koskuns buite Plett
“Dit maak ons gelukkig wanneer ons gaste van ons kos as ‘hartskos’ praat.”
Halt by Colesberg
Gun jouself ʼn dag van rus en vrede onderweg by ʼn plek van verfrissing, verversings en verrassings. ʼn Plek soos Colesberg.
Klipdorpie Clarens: Oermooi en outentiek
Clarens word dikwels “die Juweel van die Vrystaat” genoem – ʼn dorpie gebou uit die pragtige klip van die omgewing.
Besoek die beeldskone Bergkwaggapark
Dis ʼn landskap wat ek nie verwag het nie; ʼn landskap wat my heel onkant met sy wilde skoonheid betrap het.
Natuuravonture in Nature’s Valley
Neem vir ʼn slag die kronkelende Grootkloofpas na dié versteekte kusdorpie in die Wes-Kaapse gedeelte van die Tsitsikamma Nasionale Park. Carina Stander lys ʼn paar van die lekkerste natuuravonture wat jou kan help om onder die vel van dié valleidorpie in te klim.
‘Julle was ’n wonderwerk’
Die skrywer Carina Stander se ouers, Sarel (83) en Truiki Stander (84), is vier dae uitmekaar aan Covid-19 dood.
’n Kuier in kleurvolle Calitzdorp
In die skaduwee van die magtige Swartberge vind jy Calitzdorp en dit is hier waar die Klein Karoo ’n mens verras met kleur, prag en praal.
Foto’s: Verken die geheime Gourikwa
Iewers aan die kus tussen Mosselbaai en Stilbaai, ’n hele ent van die hoofroete, lê Gourikwa – ’n versteekte natuurreservaat van 2 000 hektaar met ’n ongerepte kuslyn van 5 km.
Eendag lank gelede, aan die rand van die Knysnawoud
Elke plek op aarde het mos ’n persoonlikheid van sy eie, gevorm deur die liefdes en die letsels van die verre verlede en die hede, skryf Carina Stander.
Betowerende Baviaanskloof: ’n Reis deur onherbergsame berge
“Hulle moet die volgende Mandalorian hier verfilm!” roep my seuns toe ons die Baviaanskloof binnery. Die landskap lyk werklik onwerklik, soos iets uit ’n wetenskapfiksie-cowboyfliek.
Plaassjiek by Keurboomstrand
Nog voordat ons die rooi voordeur oopstoot, verklap die rigtingwyser (ʼn reier van metaal op die spits sinkdak) dat hierdie ʼn annerlike soort plek is
Besoek die Beloofde Land in die woestyntyd
Om op ʼn sondeurdrenkte, windverwaaide midweekmiddag met ʼn glas koue witwyn op ʼn stoep saam met jou liewe vriendinne te sit en kuier terwyl julle uitkyk oor die berge, is ʼn lafenis. Die rustigheid. Die stilte. Geen televisie en g’n siel in sig nie. Net die goeie geselskap langs jou en voor jou: die berge soos geplooide olifante. Oranje-groen korsmos teen die kranse. Doer onder seil ʼn stroompie deur die vallei, ons hoor dit kabbel vanaf die stoep.
Kuier in ʼn karaktervolle kanaaldorpie
Mense braai vleis in die louwarm sonnetjie op hulle stoepe. Kleuters bou sandkastele in die strandjies voor die huise. ʼn Man vang vis van sy voorstoep af, luilekker. Elke siel by wie ons verbyvaar, waai en groet. Die atmosfeer is gemoedelik. Plesierig. ʼn Kanaaldorp wat gemaklik is in haar eie vel.
Droomreise: Beplan solank jou bestemming
Die jaar 2020 is waarskynlik nie die beste jaar om koffers te pak vir ʼn internasionale reis nie, maar dit is ʼn goeie jaar om te begin beplan.
Ses van die bestes: Multidag-staproetes vir jou wenslys
Wink solank jou mense nader en besluit op ʼn stapavontuur waarmee julle jul vryheid kan vier: beplan nou en bespreek sodra besprekings open.
Gesinsamesyn in die tyd van kwarantyn
Carina Stander deel ‘n paar idees vir aktiwiteite vir voorskoolse kinders en laerskoolkinders tydens die afsonderingsperiode.