Jeanine Roux glo kinders is wonderwerke. Dié dat sy besluit om haar studies op onderwys, sielkunde en vroeë kinderintervensie toe te spits. Uiteindelik het haar passie gelei tot die opening van ʼn leerondersteuningskool in Bredasdorp in die Wes-Kaap.
Lees meerAlles vir Sondag 30 Oktober 2022
Moordverhoor lê soos ʼn berg voor familie
Die verhoor vir die moord op Annie Liebenberg (62) en haar lewensmaat, Michael Zantow (64), begin Maandag in die rondgaande hof in Parys.
Koedoe Eksteen vertel sy storie
Wanneer ʼn deurwinterde diplomaat, SAUK-baas, adviseur en uiteindelik bewese navorser sy storie vertel, kan jy maar jou ore spits, skryf Johannes Froneman.
Toweragtige Turkye: Safranbolu en Kappadosië
In Oktober vanjaar het ons ʼn epiese gesinsreis deur Turkye aangepak. Mens kan maklik versoek voel om slegs die rykdomme van Istanboel te ontgin, maar ons was ook aartsnuuskierig oor die ander kultuurskatte van die land.
Vertroeteling van leeuwelpies ‘katastrofies’
ʼn Studie het bevind dat die meeste leeuwelpies wat deur toeriste vasgehou en mee gespeel word, eindelik gedragsprobleme ontwikkel en aggressief word.
Hoop vir verpleegster wat wag op heupoperasie
Die 70-jarige Anna Maria Isidoro is aanvanklik meegedeel dat sy tot vyf jaar moet wag vir ʼn heupoperasie, maar ʼn barmhartige samaritaan het intussen na haar uitgereik.
Bulls bó in Loftus-stryd
Die Bulls se impakspelers het hul deel gedoen om toe te sien dat die Pretorianers die Sharks met 40–27 getroef het.
Ses mense in ongeluk naby Jan Kempdorp dood
ʼn Geregtelike doodsondersoek na die voorval is intussen van stapel gestuur.
Miller het senuwees van staal
Die Proteas beklee nou die eerste plek op die Groep 2-punteleer van die T20-Wêreldbeker in Australië.
Geen aksieplan vir langafstandbusse se veiligheid
Min. Fikile Mbalula het inteendeel ʼn appèl aangeteken teen die aksieplan wat deur die hof gelas is om geweld teen die Intercape-busdiens hok te slaan.
Gepoogde rooftog eindig in massamoord
Die provinsiale kommissaris in Gauteng het intussen die maksimum hulpbronne ontplooi in ʼn poging om diegene vas te trek wat agter die aanval sit.
Strafregtelike aanklagte oor bobbejaan wat geskiet is
“Om enige dier so ʼn verskriklike lyding te laat verduur, is onverskoonbaar.”
‘Dit was moord’, sê familie
“My sussie het nie haar eie lewe geneem nie, dit maak net nie sin nie.”
Duisende ruk op na Sandton ondanks terreurwaarskuwing
Talle foto’s wat op sosiale media gedeel is, wys hoe honderde mense Saterdag in die strate van Sandton af geloop het.
Appèl teen Modise se dierebeskermingsaak aangeteken
“Dit is tragies dat geregtigheid vir die lyding van honderde diere sedert 2014 voortdurend vertraag is.”
Max se neus voor in Mexiko
“Mense het al vir my gesê dat Lewis nie my naam in gesprekke wil gebruik nie. Persoonlik het ek geen probleem met dít wat hy alles al bereik het nie; hy is ongetwyfeld een van die bestes ooit.”
Amptenaar in die sop vir tweedehandse Mercedes
Die verdagte het ʼn tweedehandse Mercedes-Benz van ʼn motorhandelaar in Bedfordview, Johannesburg, gekoop en glo die munisipaliteit se geld daarvoor gebruik.
Stormloop in Suid-Korea eis meer as 150 mense
Die meeste van die oorledenes is tieners of jong volwassenes, meestal vroue.
Ramaphosa erken nuwe Zoeloekoning
Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn reuse- geraamde sertifikaat aan Misuzulu Zulu Zwelithini oorhandig wat amptelik erkenning daaraan gee dat hy die nuwe Zoeloekoning is.
Niks keer dié jong akteur om drome na te streef
Hoewel hy internasionale rolprente en reekse geniet, is dit die Afrikaanse vermaakbedryf wat deur die jare sy hart vinniger laat klop het.