Deur die jare is verskeie rolprente uitgereik waarin daar op die media gefokus is en kykers ʼn blik agter die skerms gekry het van die uitdagings waarmee joernaliste te kampe het.
Lees meerAlles deur die skrywer Johannes Froneman
Die groot stories op papier onthou
Vra enigeen wat die grootste koerantstories van die afgelope eeu was, en jy gaan ʼn duisend verskillende antwoorde kry.
Advertensies hou media aan die lewe
Dit is daarom wenslik om advertensies nie as euwels te beskou nie, maar die nut daarvan te erken — dalk “noodsaaklike” euwels.
Afrikanerhistorikus Hermann Giliomee gesels op 84
Die soms omstrede historikus Hermann Giliomee vier op 4 April sy 84ste verjaarsdag. Johannes Froneman het hom in sy huis op Stellenbosch besoek.
Vlaamse gesin verkies Kaap bo België
“Ons het nie naïef hierheen gekom nie. België is ook nie perfek nie. As jy daar iets wil onderneem is daar baie rompslomp en die mark is al so versadig. Hier is nog die moontlikheid om ʼn verskil te maak.”
Rook in Kleinmond-omgewing weens beplande, ekologiese brande
“Die brande gee nuwe lewe deurdat dit dooie materiaal verwyder en saadontkieming stimuleer en sommige spesies laat blom.”
Ons sal RSG-inkorting oorleef – met nuus wat inspireer
Trouens, Afrikaanse nuus en aktualiteit is juis lankal nie meer die alleenverantwoordelikheid van die SAUK se Afrikaanse radiostasie nie. Ons kry dit op verskeie plekke.
Weermag teen perlemoenstropers ingespan
Die onwettige stropery is reeds vir meer as 20 jaar ʼn veiligheidsrisiko vir mense wat langs hierdie kus woon.
Hoe om betroubare bronne te vind
In my vorige rubriek het ek na die noodsaaklikheid van betroubare nuusbronne verwys. Die billike teenvraag is: Maar waar kry ons dit? Hoe weet ek ʼn bron is betroubaar?
Betroubare bronne beskerm ons
Feit is dat daar geld is in stories wat mense se aandag trek. Die samesweringsmeule het gevolglik ʼn hupstoot gekry toe die internet die verspreiding van onbewese stories baie makliker gemaak het.
Brande by Kleinmond herinner aan 2019-ramp
Vlamme het Maandag veral by die woonbuurt Heuningkloof verskeie kere gevaarlik naby aan die huise gekom.
Vrae oor nalatenskap van Mandela
Prof. Froneman maak enkele kantaantekeninge wat die eensydige beeld van Mandela relativeer.
‘n Joernalistieke prys vir Koos Bekker?
Prof. Johannes Froneman van die PUK bevraagteken hoekom Koos Bekker as ‘n sakeman met ‘n joernalistieke prys bekroon moet word.
Redakteurs nog altyd in spervuur
Jean Oosthuizen se omstrede uittrede as nuusredakteur by die Kerkbode het weer onderstreep hoe broos die loopbaan van ‘n redakteur of senior redaksielid kan wees. Johannes Froneman, wat self ‘n draai by die Kerkbode geloop het, vertel meer oor ‘n paar ander slagoffers in die Afrikaanse joernalistiekgeskiedenis.
Skei Naspers-koerante van sakebelange
Prof. Johannes Froneman plaas ‘n alternatiewe kyk op media-eienaarskap op die tafel.
Verslag oor ‘n DA-kongres
“Hierdie ruimte is nie bedoel vir politieke propaganda nie. Maar verskoon my dié enkele keer as ek iets vertel oor ‘n DA-kongres – met name die afgelope Saterdag (21 April) s’n in Potchefstroom, waar die Demokratiese Alliansie van Noordwes byeen gekom het…” skryf JD Froneman
Die grootste Afrikaanse joernalis
Johannes Froneman bespiegel wie as die grootste Afrikaanse joernalis beskou kan word.
Vergeet die verlede op eie risiko
Die debat oor Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch het vanjaar heelwat aandag geniet. Tereg ook. Dit gaan immers oor die hede én toekoms. Tog kan die vervlegte geskiedenis van die US en Afrikaans nie geïgnoreer word nie. Dit het ons vanjaar weer herinner aan die positiewe van ons geskiedenis. Ook aan die emosie wat opgewek kan word as gekarring word aan ‘n etniese groep se erfenis.