Leerders het Donderdag die strate van Alexandra in Gauteng ingevaar en daarop aangedring dat die onderwysdepartement werk daarvan maak om veiligheid by skole te verseker.
Lees meerAlles vir Donderdag 15 September 2022
Hulp stroom in vir Jagersfontein
Weldoeners en hulpverleningsorganisasies het die afgelope week hul hande uitgestrek na die rampgeteisterde Jagersfontein en kospakkies uitgedeel, skoongemaak en geld ingesamel.
Tronk toe vir vrou wat kind op strand verwurg
Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat die beskuldigde haar kêrel se negejarige dogter weens jaloesie vermoor het.
SA Express gelikwideer
Die bevel kom nadat likwidateurs nie ʼn geskikte koper vir die lugredery kon kry nie.
DA ‘bekommerd’ oor paneel wat president moet ondersoek
Die amptelike opposisieparty voer aan dat ʼn spesifieke akademikus se betrokkenheid by die paneel die “legitimiteit en integriteit van die hele proses” in gedrang kan bring.
ToekomsVenster: Niks sonder liefde nie
Sonder liefde vir mekaar gaan ons dit nooit sien nie – kom ons dink weer daaroor.
Primaria gepos oor Afrikaanse toespraak
Dit is ook glo nie net die taal wat sekere studente rooi laat sien het nie, maar ook die sokkieliedjies wat by die dinee gespeel is.
Roger se laaste kishou is hier
“Ek het gelag, gehuil, vreugde en hartseer ervaar, maar bowenal het ek gelééf. Dankie tennis, ek het jou lief.”
Nuwe belegger wil Mango glo koop
Die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings is bekommerd oor planne om Mango te privatiseer.
83 in een week in Wes-Kaap vermoor
“Uiterste geweld en brutaliteit teister hierdie provinsie,” sê minister Bheki Cele.
Kyk: Kiwi’s breek Wallabies-harte
In Australië gaan daar seker nog vir lank oor Mathieu Raynal se tydmors-beslissing gekla word.
Tydelike permitte goeie nuus vir vuurwapeneienaars
Sommige vuurwapeneienaars wag al langer as ses maande vir hul lisensiekaarte, ondanks die feit dat hul aansoeke om ʼn vuurwapenlisensie reeds goedgekeur is.
Podlitiek: Jagersfontein-sage woed, koningin gegroet, Russe boet
In hierdie episode kyk die Podlitiek-span na die idees van monargie en propaganda soos wat dit kop uitsteek in vandeesweek se nuusgebeure.
#JongStemme: Vaarwel akademiese standaarde…
Ons land staar tans ʼn reuse-uitdaging van werkloosheid in die gesig en daar bestaan ʼn groot behoefte aan geskoolde werkers. Tog kies ons steeds om die hasepad te vat wanneer wiskunde en wetenskap ons vermoëns ʼn bietjie uitdaag.
Volg ‘Lamb Champs’ vanaf die plaas tot op die spit
Die tweede seisoen se groot dag sal op 29 Julie 2023 by Loftus Versveld in Pretoria gehou word, waar daar 100 skape gespitbraai sal word.
Staat spring in om Jagersfontein te help
Talle leerders het ná Sondag se ramp nog nie weer teruggekeer skool toe nie.
Foto’s: Program kweek kranige krieketspelertjies
Kinders word geleer hoe om te kolf, gooi, vang, hardloop, om as ’n span saam te werk en goed te kommunikeer.
‘Bewerings is nie feite’ – regters oor Raaths-saak
Die hof sê geen verduideliking is gebied oor hoe ʼn jong kind in drie sessies saam met ʼn kundige gebreinspoel sou kon word om te sê haar pa het haar verkrag nie.
Beste manier om baba te sus, aldus wetenskaplikes
Die navorsers hoop dat angstige ouers, of onervare ouers, voordeel kan trek uit die bevindings.
Lesersbrief: My hart huil oor ons kinders
Is ons kinders sterk genoeg om die pas waarteen ons leef te hanteer? En hoe hanteer ons húlle die dag as hulle nie sterk genoeg is nie?