Podlitiek: Jagersfontein-sage woed, koningin gegroet, Russe boet

Opgestel deur die Podlitiek-span

Koningin Elizabeth II in Junie vanjaar. (Foto: Frank Augstein / POOL / AFP)

Hierdie week se nuussiklus is hoofsaaklik deur twee stories gedomineer – die afsterwe van koningin Elizabeth II, en die herowering van gebiede in die noordooste van Oekraïne deur die Oekraïense weermag. In vandeesweek se episode van Podlitiek kyk Paul, Ernst en Reiner dus na die idees van monargie en propaganda soos wat dit kop uitsteek in dié nuusgebeure.

Die span spring egter eers weg met ʼn bespreking van Jagersfontein se slikdamramp. Die omstandighede wat tot die ramp gelei het, word spesifiek onder die loep geneem. Hier val die fokus op nalatigheid en onderhoud van bestaande bates – iets waarmee die ANC-regering onderskeidelik briljant en aaklig is, na Podlitiek se mening…

Luister Podlitiek vir hierdie, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.