Die Suid-Afrikaanse vlag wapper trots in Birmingham: Beide Tatjana Schoenmaker en Kaylene Corbett spog met podiumplekke in die 200 m-borsslagitem.
Lees meerAlles vir Sondag 31 Julie 2022
Le Clos swem ’n silwer los
Statebondmedalje no. 18 is in die sakkie vir Suid-Afrika se Chad le Clos!
Proteas beklink reeks in Engeland
Tabraiz Shamsi het vandag die Engelse kolwers in Southampton dronk gedraai om met boulsyfers van 5/24 te spog.
Kroonstad is Dorp van die Jaar
Die Vrystaatse dorpie, Kroonstad, pronk nou met ’n spoggerige titel.
Kleuter onder 10 beseerdes toe bakkie rol
ʼn Man is dood en tien ander insittendes beseer toe die bakkie waarin hulle gery het, op die R56 in Mpumalanga gerol het.
Duisende diere in Zim verskuif weens droogte
Ook Suid-Afrikaanse kenners se hulp is ingespan om meer as 2 600 wilde diere soos leeus en olifante vanaf die suide van Zimbabwe na die noorde te verskuif.
Vlieënde Verstappen wen in Hongarye
Die geruite vlag is vir Max Verstappen in Hongarye geswaai nadat hy in die tiende plek weggespring het.
Internasionale oorsig: Terreurgroepe kry veilige vesting in Afghanistan
Byna ’n jaar nadat die Taliban beheer oor Afghanistan geneem het, word dit toenemend duidelik dat dié land nou ’n veilige hawe vir van die wêreld se gevaarlikste terroristegroepe geword het.
Kuier in Nagkantoor: Pik Botha – charismaties maar ook digter en filosoof
Die naam Pik kom glo van Pikkie af. As baba het hy ʼn gebreide pakkie gedra waarin hy soos ʼn pikkewyn gelyk het, vandaar die naam. Pikkie het uiteindelik Pik geword.
Veld begin herstel ná brande by Kleinmond
“Daar is plekke waar die veld pragtig lyk en mens die belofte van lente kan voel.”
Le Clos wil vanaand geskiedenis maak
Dit is boonop vandag presies tien jaar gelede dat Le Clos (30) vir Michael Phelps tydens die 2012- Olimpiese Spele in Londen geklop het.
‘Nog jare’ voor beurtkrag wyk
“Ek sal my hoed opeet as die regering binne twee jaar ’n einde aan beurtkrag maak,” sê die energiekenner Ted Blom.
Suné en haar terapiehondjies help harte heel
Suné Scholtz, ʼn opvoedkundige sielkundige, het haar meestersgraadstudie oor diereterapie in opvoedkundige sielkunde gedoen en haar doktorsgraad in 2021 behaal. Sy is een van min mense in Suid-Afrika wat in die veld van diere-ondersteunende terapie werk.
Vrouemoord ‘globale pandemie’
’n Navorser wat tydens die verhoor van Gerhard Jansen van Vuuren getuig het, het skokkende feite oor geslagsgebaseerde geweld in ʼn verslag bekendgemaak.
Nuwe generasie Rapportryers dra nog die boodskap
Vir Afrikaanssprekende Christene met ʼn liefde vir die Afrikaanse taal en die Afrikanerkultuur is daar ʼn tuiste: Die Rapportryerbeweging.
Decorex Joburg: ’n Vertoonvenster van ontwerp-, dekorinspirasie
Die Sandton-konvensiesentrum is die plek waar talle van Suid-Afrika se topontwerpers sedert 28 Julie bymekaarkom om die beste in die plaaslike wêreld van ontwerp en binnehuisversiering uit te stal.
Drie agter tralies ná moord op Limpopo-burgemeester
ʼn Span speurders is onmiddellik ná die voorval aangestel om die skuldiges te soek.
Lotto-baas kry huis op spoglandgoed met skool se geld
Die R3,6 miljoen is deur die loteryraad uitbetaal as subsidie om ʼn afgebrande skool te herbou. Dit is egter gebruik om ʼn huis in Pecanwood Estate aan te koop.
Luister: Reis saam met Bonné de Bod in ‘Bewonder en bewaar’
Deur die oë van mense soos navorsers, wetenskaplikes en veeartse kom kykers meer te wete oor verskeie ikoniese wilde diere en ongerepte wildernisse.
Drankverbod inspirasie agter nuwe Pta-restaurant
“Moonshine gaan dié plek wees om te kuier voor ʼn vertoning by die SunBet Arena in Pretoria.”