Kleuter onder 10 beseerdes toe bakkie rol

Die bakkie nadat dit langs die pad gerol het. (Foto: ER24)

‘n Man is dood en tien ander insittendes beseer toe die bakkie waarin hulle gery het, op die R56 in Mpumalanga gerol het. Een van die beseerdes is ʼn driejarige kleuter.

Die ongeluk het net voor 18:00, ongeveer 10 km buite Ermelo, plaasgevind. “ER24 en die provinsiale brandweer en nooddienste het 17:50 op die toneel aangekom en die bakkie aangetref waar dit regop langs die pad gestaan het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, Sondag gesê.

Verskeie pasiënte het in en langs die pad gelê. “Paramedici het die pasiënte ondersoek en gesien dat een man reeds aan sy wonde beswyk het. Hy het veelvoudige beserings opgedoen en niks kon vir hom gedoen word nie,” het Meiring gesê.

Die man is dood verklaar. Tien ander pasiënte, onder wie die kleuter, het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel, voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

“Die presiese omstandighede rakende die ongeluk is nie bekend nie, maar die polisie is op die toneel en stel ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

En mens kan maar net wonder hoeveel van ‘hulle’ weet hoe belangrik banddruk is vir hantering as n mens vrag op n bakkie laai.

krodedil ·

Alweer ‘n Toyota wat rol en lewens eis. Toyota SA kyk te graag weg van sulke gevalle en probeer alles anders die skuld gee. Dis tyd dat Toyota SA dieper moet kyk na die Hiluxe wat rol en verantwoordelik begin optree en iets doen

honeybee ·

11 mense op daardie bakkie, is dit nie n bietjie baie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.