Drie agter tralies ná moord op Limpopo-burgemeester

Moses Maluleke, vermoorde burgemeester van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit in Limpopo. (Foto: Facebook / Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit)

Drie verdagtes is aangekeer, net meer as ʼn week nadat die burgemeester van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit in Limpopo en sy 18-jarige seun by hul huis aangeval is.

Die drie sal Maandag op aanklag van moord in die hof verskyn.

ʼn Beloning van R250 000 is verlede week uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van Moses Maluleke (56) se moordenaars. Maluleke en sy seun is verlede Donderdag omstreeks 19:00 in hul huis in Saselamani oorval. Die aanvallers het geld geëis. Maluleke en sy seun het glo nie aan die aanvallers se opdragte gehoor gegee nie en hulle is geskiet. Maluleke is op die toneel dood verklaar en sy seun is na ʼn nabygeleë hospitaal vir behandeling vervoer.

“Onmiddellik ná die voorval het die provinsiale polisiekommissaris die gebied besoek en ʼn span speurders is aangestel om die voorval te ondersoek. Die span kon in net meer as ʼn week daarin slaag om die verdagtes vas te trek,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder vir Limpopo.

Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiekommissaris van Limpopo, het die polisie geloof vir hul werk en ook plaaslike inwoners bedank vir hul hulp met die ondersoek. Dit is egter nie seker of ʼn wenk vanaf inwoners tot die drie se inhegtenisneming gelei het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swerwer ·

Asseblief, waarom word al hierdie tipe misdaad nie oor dieselfde kam geskeer nie.

Manie ·

Die Dingaan siekte kom al vir eeue aan en is eie aan Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.