Beloning uitgeloof ná moord op Limpopo-burgemeester

Moses Maluleke, burgemeester van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit in Limpopo is Donderdagaand doodgeskiet. (Foto: Facebook / Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit)

Die polisie in Limpopo het ’n beloning uitgeloof in verband met die moord op die burgemeester van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit.

’n Beloning van R250 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van Moses Maluleke se moordenaars.

Maluleke (56) en sy 18-jarige seun is omstreeks 19:00 Donderdag in hul huis in Saselamani oorval. Die aanvallers het geld geëis. Maluleke en sy seun het glo nie aan die aanvallers se opdragte gehoor gegee nie waarna hulle geskiet is. Maluleke is op die toneel dood verklaar terwyl sy seun na ’n nabygeleë hospitaal vir behandeling vervoer is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die toneel dieselfde aand van die skietery besoek en onmiddellik ’n taakspan saamgestel om die voorval te ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om brig. Chris Mabasa by 082 469 0739, lt.kol. Ndou by 082 807 2666, lt.kol. Boshomane by 079 894 5501 of sers. Khosa by 073 616 9888 bel.

Brig. Motlafelo Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê mense kan ook Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

“Mense kan anoniem inligting verskaf en dit sal met streng vertroulikheid hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Groen-oog ·

Kyk nou net…. BELONING om moordenaar te kry. Waars die BELONING vir elke BOER. Die MAN WAT INWERKLIKHEID IETS POSITIEF DOEN DEUR KOS OP ELKEEN SE TAFEL TE SIT???

OJA EK ONTHOU NOU WEER….. DAARS TE MIN
GELD OM VIR ELKE BOER GELD UIT TE HAAL OM DIE VARKE VAS TE TREK.

Miena ·

Ons ander mense is nie so belangrik soos die burgemeester is nie… dis hoekom.

Miena ·

Nou HOEKOM n BELONING uitloof vir die misdadigers? Hoekom moet ek R250-00 van my tax geld afstaan om vir die SAPD te gee – wat eintlik veronderstel is om hulle werk reg te doen van die begin af – en die mense vas te trek sonder enige ander incentives – as beloning?
Hoekom word daar nie n beloning uitgeloof wanneer n Boer en sy gesin op sy plaas wreed aangeval word en vermoor nie? Ooo wag – ek sal jou se hoekom nie – want die Boer gee mos nie vleis en mieliemeel nie – ons gaan winkel toe en kry dit van die rakke af…
Nee jislaaiket – die mense se denkwyse en redenasies gaan my verstand te bowe – hulle is al in die rondte… nes n mot om n kers.

Swerwer ·

Binnekring van die Munisipaliteit moet ondersoek word, skuldiges sal wel daar opgespoor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.