Ramaphosa het dit Sondagaand duidelik gestel dat Suid-Afrika verbind is tot ’n beleid van onverbondenheid en nie by enige politieke magspel by die komende week se beraad betrokke sal raak nie.
Lees meerAlles vir Sondag 20 Augustus 2023
Makwana nié aanspreeklik vir sy kerk se agterstallige kragrekening
Die kerk waaraan Mpho Makwana, voorsitter van Eskom se raad, behoort, se kragrekening is R2 miljoen in die rooi. Eskom het dit egter Sondag baie duidelik gestel dat Makwana nie vir dié skuld aanspreeklik is óf die kerk se ligte vir hom aanhou nie.
Twee podiumplekke in een naweek vir Brad Binder
Dis nou net ʼn kwessie van tyd voordat Suid-Afrika se Brad Binder (Red Bull KTM) ʼn oorwinning in vanjaar se MotoGP (hoofren) gaan behaal.
Die week in foto’s
Van verskietende sterre en reënboë tot veldbrande en vloede. Hier is foto’s van sommige tonele wat hulle die afgelope week wêreldwyd afgespeel het.
‘Numero uno’ – Spanje is Wêreldbekerwenners!
Spanje se vrouesokkerspan is die Wêreldbekerkampioen nadat hulle Engeland met 1-0 voor meer as 70 000 toeskouers in die eindstryd in Sydney geklop het.
Klaasen: ʼn Gevaarlike pyl in Protea-kolfkoker
Heinrich Klaasen se kolf het vanjaar al die praatwerk in Suid-Afrika, Indië, die VSA en Engeland gedoen. Hy is tans die voorste lopiemaker in The Hundred-toernooi.
Ramaphosa spreek nasie toe oor Brics
Suid-Afrika se buitelandse beleid is onder meer op die agenda van vanaand se familievergadering.
Boek-uittreksel: God se stem in put van donkerte
“Ek stuur jou terug na Oekraïne om die werk wat daar begin is, klaar te maak. Ek sal by jou wees en dit vir jou maklik maak.”
Karoo-kultuur in die halfwoestyn: Victoria-Wes
Victoria-Wes is ʼn sjarmante Noord-Kaapse dorpie tussen twee heuwels.
Akademia se studenteleier: ‘Ek sprei met selfvertroue my vlerke’
“Ek kan ʼn boek skryf oor my groei-ervaring by Akademia, en ek staan daagliks verstom as ek terugkyk oor my persoonlike groei oor die afgelope drie jaar.”
Nienaber meen Bokke was goed, maar kan beter
“Ons sal beter in Frankryk moet wees. Ons groepindeling beteken dat die eerste wedstryd al as’t ware ʼn uitklopkragmeting is. Ons sal op alle suiers moet vuur net om uit die groepfase te kom.”
Ongeluk op N4 by Schoemanskloof eis twee
Die voertuig het vanoggend klaarblyklik verskeie kere gerol voordat dit eindelik op sy dak tot stilstand gekom het.
Indonesiese president ook op pad na SA vir Brics
President Joko Widodo se bywoning van die beraad kom te midde van bespiegeling dat Indonesië toegelaat gaan word om hom by die Brics-groepering aan te sluit.
Angie Oeh (24) sterf
“Ons liefste Angie is weg,” het Peach van Pletzen Sondagoggend bevestig.
Metropolisiebeamptes en kie vas ná vragmotorkaping
Dit sou later aan die lig kom dat twee van die voertuie in die konvooi as gesteel aangemeld is en dat twee van die aangekeerde verdagtes metropolisiebeamptes is.
Polisieman vas vir moord op swanger vriendin
Busisiwe Ngubo was ten tyde van haar dood onder die indruk dat sy swanger is met ’n tweeling. ’n Nadoodse ondersoek het sedertdien onthul dat Ngubo inderwaarheid ’n drieling verwag het.
Roeline Daneel gereed vir nuwe rol as ma van twee
Roeline Daneel het met Maroela Media oor ma wees, haar tweede bondeltjie vreugde en loopbaan as aktrise in Suid-Afrika gesels.
Dit is weer Alcaraz teen Djokovic
“Dit is baie goed vir tennis as die wêreld se twee voorste spelers teen mekaar in ʼn eindstryd speel.”
Gholf: Nienaber bult sy spiere in Noord-Ierland
Nienaber het net een voëltjie oor die eerste nege putjies aangeteken, maar dit met ses voëltjies oor die tweede nege opgevolg en met 63 houe (-7) afgesluit.
Atletiek: Simbine vat vlam in Boedapest
Die Wêreldkampioenskap is nie ʼn plek vir sissies nie, want Simbine neem reeds Sondag (16:35) aan die halfeindronde van die 100 meter deel.