Metropolisiebeamptes en kie vas ná vragmotorkaping

Die toneel op die N12 waar die 13 verdagtes voorgekeer en in hegtenis geneem is. (Foto: SAPD)

Altesaam 13 verdagtes – onder wie twee metropolisiebeamptes – is Saterdag op die N12 in die omgewing van Benoni aan die Oos-Rand in hegtenis geneem in verband met die kaping van ’n vragmotor.

Dié vragmotor het ’n vrag met ʼn waarde van R3,2 miljoen vervoer toe dit op die N12 gekaap is.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het hulself strategies op die N12 geplaas nadat hulle inligting oor die kaping ontvang het.

’n Konvooi voertuie en die gekaapte vragmotor is in ’n stadium gewaar en die verdagtes is voorgekeer en in hegtenis geneem.

Die polisie het ook beslag gelê op die gekaapte vragmotor, die vyf voertuie in die konvooi, twee vuurwapens, toestelle wat gebruik word vir afstandbeheerde versperring van voertuie se sluitingsmeganismes en metropolisie-uniforms.

Dit sou later aan die lig kom dat twee van die voertuie in die konvooi as gesteel aangemeld is en dat twee van die aangekeerde verdagtes metropolisiebeamptes is.

Die twee beamptes en hul medebeskuldigdes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nie Verbaas ·

Hoeveel polisiebeamptes in die laaste paar maande betrokke by misdaad? Na watter stabiliteit verwys Ramaphosa in sy Brics toespraak wonder ek?

Bolandse Nooi ·

Die stabiliteit van die lugleegte in sy kop. Dís waarna CR verwys.

Harley Davidson ·

Die polisie is die afgelope tyd besig,ongelukkig met die verkeerde dinge.

Lillian ·

Skreiende skande, en ten spyte van die feit dat daar nou toegeslaan word op korrupte beamptes, is daar steeds dié wat arrogant genoeg is om voort te gaan net hul misdade. Niks skrik hul af nie.

Karoo ·

Kyk…. as die Polisie nie eers meer bang is vir die Gereg nie. Wat word hier gekweek mense? Waarheen is ons oppad?

Bolandse Nooi ·

Is ons nog hoegenaamd êrens heen oppad? Dis nou, behalwe reguit teen die wal af, in die sloot in.

Wondermaarnet ·

Dit raak net beter en beter. As winkels nie beroof word nie dan word kapings uitgevoer. Mooi so vir hierdie aanstellings Cele en die res van die kaders.

Cassie Carstens ·

Dit is so verstommend dat die nasionale Polisie kommissaris en die minister Beke Cele,GEEN kommentaar op die gebeure lewer nie. Wat doen hulle dan, besig om politiek te bedryf vir die volgende verkiesing? Hier is duidelik ‘n geval van die keiser speel viool terwyl Rome brand. Kan ons nie asseblief ‘n slag ordentlike kommissaris en polisieminister kry wat die werk kan doen nie?

Jackie ·

Hierdie tendens is ongelukkig n simptoom van die ANC, EFF en werkers-unies se beywering vir zero aanspreeklikheid vir wetsoortreding. Gedurende die ’70tigs het Die Ystervrou alle werkers-unies se magte drasties ingekort, en 5 jaar later was die UK weer op n baie gesonde ekonomiese vlak. My datums mag foutief wees, maar sy het met n ysterhand die verrotting gestop. Die land se enigste oplossing is in 2 Tim 2 te vinde.

Bolandse Nooi ·

En dan verwag mnr. De Hoed (ekskuus dat ek ook nou op dié “bandwagon” spring!) dat ons sy manne in blou (of dit nou munisipale/metro/spoor/gewone polisie is) moet vertrou en misdaad aanmeld … En mag ek net byvoeg – soos gewoonlik, is die …e… mense-groepering spelonkagtig (‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig, mense!).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.