Ramaphosa spreek nasie toe oor Brics

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrikaners Sondag na verwagting om 20:00 toespreek oor die 15de Brics-beraad wat die komende week op tuisbodem plaasvind.

Suid-Afrika se buitelandse beleid is ook op die agenda van vanaand se familievergadering, het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, vanmiddag gesê.

Die beraad vind Dinsdag tot Donderdag in Johannesburg plaas.

Die hoofde van Brasilië, China, Indië en Suid-Afrika sal die beraad almal in persoon bywoon. Sergei Lavrov, die Russiese minister van buitelandse sake, sal Rusland in persoon verteenwoordig en pres. Wladimir Poetin sal aanlyn vanuit Rusland inskakel.

Maroela Media het vroeër berig Poetin het besluit om nie self na Suid-Afrika te reis nie nadat die Internasionale Strafhof ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming vir beweerde oorlogsmisdade uitgereik het. Suid-Afrika word verplig om gehoor te gee aan dié lasbrief.

Die beraad gaan daarop konsentreer om die vyf lande se handelsbande met Afrika te versterk. Die moontlike toekomstige uitbreiding van Brics-lidmaatskap sal ook na verwagting oor die drie dae aandag geniet.

Altesaam 23 lande het aansoek gedoen om by die groepering aan te sluit. Dit sluit in Indonesië, Saoedi-Arabië, Iran, Argentinië, Kuba, Nigerië, Venezuela, Thailand en Viëtnam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Harley Davidson ·

Hulle is so vol van hulself hoekom mag putin dan nie die land inkom nie of is dit maar net ‘n magsvertoon want hulle weet die VSA is baas en as die VSA sy rug op afrika dra is meer hongersnood en elende hulle voorland.

KB ·

Gelukkig was dit beurtkrag. So hy het slegs ʼn debat met sy mikrofoontjie gehad.

Bolandse Nooi ·

Sjarrap, CR. Niemand stel in jou of die ANC se gegorrel belang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.