Polisieman vas vir moord op swanger vriendin

Busisiwe Ngubo (Foto: Twitter)

’n KwaZulu-Natalse polisiebeampte (46) word beskuldig van die moord op sy swanger vriendin vroeër vandeesweek.

Busisiwe Ngubo (36) was ten tyde van haar dood onder die indruk dat sy swanger is met ’n tweeling. ’n Nadoodse ondersoek het sedertdien onthul dat Ngubo inderwaarheid ’n drieling verwag het.

’n Hoogswanger Ngubo se liggaam is Maandag langs die pad naby haar huis in die omgewing van Ixopo gevind. Sy is vermoedelik verwurg voordat haar liggaam sowat ’n kilometer van haar huis langs die pad gestort is.

Haar polisieman-kêrel is Vrydag in verband met die moord in hegtenis geneem, sê Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder.

Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Ixopo verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Harley Davidson ·

Die polisie gaan baie lank vat om weer ‘n polisie mag te word wat die mense sal en kan vertrou bygesê as die regering ontroon word deur ‘n regte regerings party of koalisi partye.

Blom ·

Ek is so jammer dat die land jou versaak het Busisiwe Ngubo, rus sag:(

Karoo ·

Nog ‘n vrou wat haar lewe en die van haar ongebore kinders verloor het, en dit onder die hand van’ n Polisie Man. Cele….. wat maak jy nou!!!

Yvonne ·

Tik oor die vingers….lewens kos mos niks in die land…bitter tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.