Ongeluk op N4 by Schoemanskloof eis twee

Die ongelukstoneel. (Foto: Emer-G-Med)

Twee mense is dood en twee ander beseer tydens ’n motorongeluk vanoggend (Sondag) op die N4 by Schoemanskloof in Mpumalanga.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici het omstreeks 08:15 op die ongeluk reageer en op ’n omgeslaande voertuig op die ongelukstoneel afgekom.

Die voertuig het klaarblyklik verskeie kere gerol voordat dit op sy dak tot stilstand gekom het.

Twee insittendes is in die proses uit die voertuig geslinger en is vanoggend met die paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

Twee ander het matige beserings opgedoen. Hulle is vanoggend op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Mense jaag verontagsaam soet strepe. Ry asof hulle alleen reg op die pad het. Spoed en drank word seker ook nie in ag geneem nie. As daar op alle paaie meer verkeersbeamptes sig baar sal wees nie sal niks verander met mense se gedrag op die paaie.

ES ·

Die presiese oorsaak is waarskynlik spoed. Gaan kyk maar hoe jaag meeste bakkie-bestuurders as hulle op ‘n pad ry.

Wielspore ·

Ons het ook Sondag op die N4 gery en wat huidiglik in ons land plaasvind onder die bestuur van die ANC word uitgebeeld op ons paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.