ʼn Swak vertoning in die derde kwart van hul Wêreldbeker-wedstryd het beteken dat Suid-Afrika met 67–49 teen Jamaika in Kaapstad vasgeval het.
Lees meerAlles vir Sondag 30 Julie 2023
Die week in foto’s
Elke foto is ʼn oomblik wat die werklikheid vasvang. Beleef van die wêreldwye nuusgebeure van die week in foto’s.
Vingerhoedhuisie op Saldanha gou gesloop
Dié historiese baken op die dorp sal gouer as later gesloop word om plek te maak vir ʼn moderne woonstelblok.
Boesmanhartland van die halfwoestyn: Kgalagadi
Al was daar nog nooit ʼn grensdraad tussen die destydse Gemsbokparke van Suid-Afrika en Botswana nie en al kon die wild nog altyd vrylik tussen die twee nasionale parke rondbeweeg, is die ekologiese eenheid in 1999 bevestig met die stigting van die Kgalagadi-oosgrenspark, die eerste van Afrika se vredesparke.
Taakspan ontplooi ná moord op NFP-wyksraadslid in KZN
Gewapende aanvallers het glo in die vroeë oggendure by die huis ingebreek, verskeie skote gevuur en daarna op die vlug geslaan.
Afrika-leiers gee Niger-junta week om mag oor te gee
In ʼn derde staatsgreep oor ʼn tydperk in die Sahel word Niger se verkose president en Westerse bondgenoot, Mohamed Bazoum, sedert Woensdag deur die weermag aangehou.
Super Max maak dit agt seges op ʼn streep
Die verdedigende wêreldkampioen het sy plek van sesde na eerste in die Belgiese Grand Prix oopgeveg.
Helpende Hand vier hoopdraers van die gemeenskap
Die Mathys Roets-toekenning word opgedra aan mense met gestremdhede wat ʼn inspirasie vir die gemeenskap is.
Man val hom glo dood by EFF-vieringe
Die slagoffer het glo gedans, toe hy skielik geval het.
Jong SA’ner in Ierland sing ‘dat die kranse antwoord gee’
Niamh Smith (12) het musiek haar lig gemaak toe sy in die vreemde land van voor af die stukke in haar lewe moes optel.
Vrae oor top-polisieman by swierige EFF-funksie
Public Interest SA sê die teenwoordigheid van die offisier, tweede in bevel by die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, by die EFF se verjaardagpartytjie is ʼn klap in die gesig van Suid-Afrikaners wat steier onder wydverspreide misdaad.
ANC het belang om ‘kapitalistiese stelsel te vernietig’
ʼn Samelewing wat wil beweeg van kapitalisme na sosialisme kan dit nie doen in die konteks van ʼn florerende kapitalistiese stelsel nie, skryf dr. Anthea Jeffery in haar nuwe boek. Indien die kapitalistiese stelsel egter verkreupel word, is die argument om na sosialisme oor te skuif soveel sterker.
Só lyk voorlopige beurtkragfases
Beurtkrag vir die komende week sal volgens Eskom se jongste verklaring vandeesweek tussen fase 2 en fase 4 wissel.
Video: ‘Vetkoekpaleis II’ op pad
Tien episodes van “Vetkoekpaleis II” sal tussen September en Oktober vanjaar by die AfriForum Teater in Pretoria regstreeks voor ʼn gehoor opgeneem word.
Wêreldbeker: Wat gebeur as Pollard nie fiks is?
Pollard, wat maande laas vanweë ʼn knie- en kuitbesering gespeel het, is volgens die Springbokkamp baie na daaraan om sy plek vol te staan. Maar hy bly in ʼn wedloop teen tyd gewikkel voor die Wêreldbekertoernooi oor sowat ses weke in Frankryk afskop.
Comrades sê jammer ná afsnytyd-konsternasie
“Die Comrades-vereniging wil kategories en onvoorwaardelik om verskoning vra aan die drawwers wat deur die afsnytye by Pinetown [68,86 km] en Sherwood [81,31 km] beïnvloed is.”
Lara vierde ná Ruta wêreldrekord laat spat
Lara van Niekerk moes met ʼn vierde plek in die eindronde van die 50 m-borsslagitem ná Ruta Meilutyte, Lilly King en Benedetta Pilato tevrede wees.
Wanneer gaan Zuma die geld terugbetaal?
Die appèlhof het die staatsprokureur in 2021 al beveel om alle nodige stappe te doen – ook siviele stappe – om die geld van die oudpresident te verhaal. Dit beloop meer as R18 miljoen.
Vrystater het SA se ‘lekkerste lamsvleis’
“Ons wil vir die verbruiker, wat op ’n Saterdagmiddag ’n skaaptjop braai, kan sê: ‘Ontmoet vir boer A en boer B. Dít is die mense wat met soveel sorg en kennis skape teel sodat jy die beste lamsvleis op jou kole kan braai.’”
Swanger vrou se hel by hospitaal
“Ongelukkig vrees baie mense wat aan openbare gesondheidsorg onderwerp word vir hul lewe – en weet hulle nie of hulle die hospitaal sieker gaan verlaat as wat hulle ingekom het nie.”