Die verdediging het vandeesweek verskeie getuies, onder wie Lauren Dickason se ma en ’n gerespekteerde forensiese psigiater, geroep in ’n poging om die jurie te oortuig dat Dickason haar kinders uit liefde doodgemaak het.
Alles vir Sondag 30 Julie 2023
Een skoenlapper, twee skoenlappers …
Natuurlewe-entoesiaste oor Engeland heen word aangemoedig om die voorkoms van skoenlappers – en sommige spesies motte – op te teken as deel van die wêreld se grootste jaarlikse opname van die toenemend bedreigde insekte.
‘Ek spaar lewens’, sê man wat self 5 000 slaggate regmaak
“Sy was net ʼn week lank siek. Ek het lank gewonder oor wat my volgende te doen staan en ek het besluit ek wil ander mense die pyn om ʼn kind te verloor spaar.”
Groot toets wag Sondag op Lara
Hou Suid-Afrika se Lara van Niekerk later vandag dop in die eindronde van die 50 m-borsslag by die Wêreldswemkampioenskap in Japan.
Reeks om die As: Broad skryf perfekte draaiboek
Die Engelse snelbouler Stuart Broad se tydsberekening was Saterdagaand op die Oval in Londen perfek toe hy sy algehele uittrede uit krieket aangekondig het.
EFF vra Brics-leiers om beraad te boikot
Julius Malema het ander Brics-leiers gevra om as teken van steun aan die Russiese president, Wladimir Poetin, ook nie volgende maand se beraad in Suid-Afrika by te woon nie.
Polisie gryp miljoene se vervalste goedere by Bellville-kompleks
Vier verdagtes word aangehou, terwyl talle handelaars uit hul winkeltjies gevlug en inhegtenisneming ontduik het nadat die polisie toegeslaan het. Namate die ondersoek vorder, kan nog inhegtenisnemings gedoen word.
Argentynse toets ʼn goeie kleedrepetisie vir WB-druk
“Dit was hoegenaamd nie die mooiste kragmeting nie, maar dit is goed dat ons diep moes delf om ʼn wedstryd te wen.”
Wind vertraag herwinning van brandende skip
Die vlamme het effens bedaar, maar ʼn verandering in windrigting het die reddingsboot wat die vragskip moet sleep in ʼn rookwolk gedompel – wat nou weer nuwe gesondheids- en veiligheidsgevare inhou.
Buhai beur na vore in Frankryk
Dié geldryke toernooi het prysgeld van $6,5 miljoen (byna R114 miljoen).
Prop en sy Mieke verwelkom wonderwerkbaba
Ná ʼn twee jaar lange stryd met in vitro-bevrugting, genetiese toetse en duisende rande, het Prop en sy vrou uiteindelik hul wonderwerkseuntjie verwelkom.
Interdik teen Tshwane se stakende werkers
Die hof het bevind die staking is onregmatig en onbeskermd en het die stakers opdrag gegee om uiteen te gaan en die staking op te skort.
Gedagte vir die dag: ’n Anker
Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos ’n anker wat keer sodat ’n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan. (Hebreërs 6:19, Die Bybel vir almal)