Dié twee snitte is sommer so saam-saam uitgereik.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Nuwe vrystellings"
Thys & Trix-première: Sterre deel staaltjies
Die akteurspaar Bouwer en Leandie du Randt Bosch is eersdaags terug op die silwerdoek met ʼn splinternuwe fliek Thys & Trix. Die span van dié aksiekomedie het Woensdagaand in Johannesburg staaltjies oor dié fliek gedeel.
Nuwe Leon Schuster-rolprent dán in teaters
Meer as ʼn half dekade ná die uitreiking van sy laaste fliek keer die Suid-Afrikaanse komediant en rolprentmaker Leon Schuster terug na dié bedryf met nóg ʼn komedie – dié keer ʼn fliek met ʼn inspirerende storielyn.
Luister: Burgerd van Romanz-faam doen nou sy ‘eie ding’
Sewe jaar lank was hy deel van die musiekgroep Romanz wat die wêreld platgetoer en selfs op ʼn koninklike troue in Monaco gesing het. Dié jaar, amper ʼn halfdekade nadat die groep se paaie geskei het, is Burgerd Botha gereed om sy solo-loopbaan aan te pak.
Eerste kykie: Grensoorlog-fliek vertel oor oorlewing
“Hoewel die fliek binne die milieu van die Grensoorlog afspeel en oor die jong soldate se uitdagings in die oorlog vertel, het The Recce nie ʼn politieke agenda nie. Die fliek vertel van oorlewing en wat dit verg om te oorleef wanneer alles rondom jou inmekaar tuimel.”
Sangeres vertel in liedjie oor seer ná broer se dood
“Hoewel die liedjie my aan die dood van my broer herinner, kan mense uit verskeie verwysingsraamwerke met die lirieke identifiseer.”
Video: Vars gesigte skitter by ‘Wonderlus’-première
Bekendes soos Simoné Nortmann, Mila Guy en Stiaan Smith gee raad oor wat om nié by ʼn troue te doen nie.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 9 April 2018
ADAM betree ook hierdie week se Top-20. Dié gewilde groep het die afgelope naweek hul splinternuwe album, Bewe, bekendgestel.
Wen: Pretoriase spookbustoer sal jou hare laat rys
Vyf lesers en hul metgeselle kan elk ʼn aand vol storievertellings van legendes beleef met ʼn dubbelkaartjie vir ʼn Pretoriase Spookbustoer eerskomende naweek.
Coffee Snobs: ‘Ná die seer wil ons lig bring’
Dit was soos ʼn doodsvonnis wat hy meteen opgelê is. Eers was hy blakend gesond, en toe is sy lewe skielik in gevaar. Die musiek-egpaar Marius en Vernette Wessels – of te wel Coffee Snobs – het twee keuses gehad: Marius se kankerdiagnose kon hulle onderkry óf hulle kon terugbaklei.
Luister: Lizandra Winter oor weerloosheid, wintermaande
“Ek dink nie daar is enigiemand wat daarvan hou om weerloos te voel nie. Ek voel egter as ons nié bereid is om eg en eerlik te wees nie, sal daar nooit regtig groei en lewe voortspruit nie; dan sit jy maar altyd net ʼn masker op.”
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 27 Maart 2018
Robbie Wessels & Bok van Blerk se duet “Die Sluise van die hemel”, Appel se liedjie “Boer loop deur my are” en Steve Hofmeyr se liedjie “Redgebed” is steeds onder die top-5 aflaaisarsies dié week.
Luister: ‘Susters’ gaan jou laat lag én huil
“Wanneer jy die fliek kyk, kan jy byna glad nie opmerk presies hóé koud dit was toe ons die fliek verfilm het nie,” vertel Diaan. “Dit was vrek koud. Ná lang tye op stel begin jy amper sukkel om te fokus omdat dit so geweldig koud is.”
Oscar-wenner op soek na akteur vir nuwe fliek
“Ons is baie opgewonde om na onontdekte talent in Suid-Afrika te soek. Dit is ʼn waardevolle geleentheid vir enige jong akteur wat ʼn loopbaan in die rolprentbedryf nastreef.”
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 19 Maart 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Robbie Wessels: ‘ʼn Ewige balans tussen diep én laf wees’
Wessels vertel in ʼn onderhoud met Maroela Media onder meer oor die inspirasie agter die liedjie “Mphe Di Hoenor”.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 12 Maart 2018
Wie neem dié week die nommer een-posisie in?
Afrikaanse fliek gekies vir buitelandse rolprentfees
Dié rolprentfees word tussen 5 en 15 April 2018 in die deelstaat Arizona gehou.
Rian oor die dinge wat hy nié moes sê nie
“Ek sal toegee: Daar was ʼn tyd in die begin van my loopbaan wat ʼn mens uit jou pad gegaan het om omstrede te wees,” sê hy. “Dit was ʼn thing gewees. As ʼn jong omroeper wou jy gehoor word. Daar was tye wat ek doelbewus omstrede was.”
Video: Bok en Robbie se ‘droogteliedjie’-video is hier
Die voortslepende Kaapse droogte lê hulle na aan die hart, sê die Afrikaanse sangers Robbie Wessels en Bok van Blerk. Daarom het hulle onlangs saamgespan om ʼn duet oor dié droogte op te neem – en nou is die musiekvideo vir die liedjie pas vrygestel.