“Die beginsel wat ons takel is nie iets wat net werkers by Sasol raak nie, maar ʼn beginsel wat almal in Suid-Afrika raak.”
Lees meerAlles vir Donderdag 14 Junie 2018
Buffel gaffel veiligheidswag op wildplaas
“Die buffel het skielik uit die bosse gekom en op hom afgestorm.”
Padtoets: Die McGuyver-mes
Indien jy ʼn veelsydige luikrug soek wat ook jou broek aan die brand kan steek met sy spoed, én ʼn ysige, modderige of nat pad kan baasraak, lees hiér wat skryf Brendon Staniforth.
Oorstromings in Kaapstad terwyl reën steeds val
Berigte is ontvang van huise se dakke wat in die Strand afgewaai het. Verskeie paaie is ook oorstroom.
Eskom: ‘Kragnetwerk onder druk’
Verbruikers is gevra om geisers, verwarmers, swembadpompe en alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel om beurtkrag te voorkom.
SA verkoop wapentuig aan verskeie berugte regimes
Die tersaaklike Suid-Afrikaanse beleid bepaal dat wapens slegs verskaf sal word aan lande met onberispelike menseregterekords. Uit die lys van handel in wapens en wapentuig blyk dit egter nie die geval te wees nie.
Eskom kry R32 miljard van tariefverhogingaansoek
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Donderdag bekendgemaak hy gee Eskom die reg om R32,69 miljard ekstra te verhaal vir die boekjare 2014/2015, 2015/2016 en 2016/2017.
Meerder, beterder en mees beste – trappe van vergelyking in Afrikaans
Desperate navraag laat die aand: Tannie, ons skryf môre Afrikaans en ek sukkel met trappe van vergelyking. Hoe weet ek wanneer is dit “meerder” en wanneer is dit “meeste”? Ek rol nie meer my oë nie, nie vir die navraag, die omvang van die onkunde of die tyd nie, skryf Sophia Kapp.
Man vas vir moord op vermiste vrou
Die eggenoot van ʼn vrou van Pretoria wat verlede week as vermis aangemeld is, is in hegtenis geneem in verband met haar dood.
ToekomsVenster: Die Koningskind wat sterf
Vir die Jode was die kruis afstootlik, vir die Grieke was dit onsin (1 Korintiërs 1:23-24), maar vir elkeen wat hul hoop in Christus plaas, is die kruis die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Deur die kruis word die vrede herstel.
Namibië: ’n Wittebrood in die land van sonlig en sterre
Son, sterre, see en sand – dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker.
Die wêreld in foto’s – 14 Junie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Luister: ‘Pure Coenie’ keer terug na sy wortels
Coenie de Villiers, die immergewilde sanger en liedjieskrywer wat al dekades aanhangers en musiekliefhebbers vermaak met sy musiek, is terug met sy 21ste album getiteld ‘Pure Coenie’.
Aanvallers slaan toe terwyl vriende kuier
ʼn Groep van vyf gewapende mans het Woensdagaand inwoners van ʼn kleinhoewe buite Pretoria aangeval terwyl hulle saam met vriende gekuier het.
Só is vermiste Pretoria-pa gevind
“Hy het blykbaar vir die suster gesê hy het wakker geword in ʼn veld en hy ‘loop al vir twee dae’.”
Sakeman, student vas oor renosterhoring
Mulaudzi het gesê die beskuldigdes is “ʼn vooraanstaande sakeman” en ʼn student aan Unisa.
Bekroonde tekenprente nou op Showmax te sien
Roald Dahl se “Revolting Rhymes” en Julia Donaldson en Axel Scheffler se topverkoper, “The Highway Rat”, is nou eerste en slegs op Showmax te sien.
Springbokspan: Beast bereik sy honderdtal
ʼn Mens hoop werklik nie dat die gepaste lofbetuiginge aan Beast Mtawarira, wat Saterdag in sy 100ste toets vir die Springbokke sal uitdraf, die aandag van sy spanmaats sal aftrek nie.
Verkoolde liggaam naby Limpopo-plaas gevind
Lede van die publiek het net ná middernag op die gru-toneel langs ʼn pad voor een van die plase afgekom.
Die EFF: Om saam te werk of nie
Jan-Jan Joubert, ʼn gesoute politieke joernalis en skrywer van die boek Wie gaan in 2019 regeer? het in die vorige twee aflewerings oor die stand van ons land se grootste politieke partye na die ANC en die DA gekyk. Joubert neem in hierdie artikel die interne politieke situasie van die EFF onder die loep: