Volgens die polisie is dié verdagtes reeds bekende transitorowers. Van hulle is tans uit op borgtog nadat hulle voorheen in verband met transitorooftogte in hegtenis geneem is.
Alles vir Donderdag 14 Junie 2018
Life Esidimeni-families ontvang hul vergoeding
“Die kantoor van die premier het altesaam R159 460 000 aan die 134 eisers wat deel was van die alternatiewe dispuutoplossingsproses betaal.”
Man gee hom oor ná Comrades-tref-en-trap
ʼn Man het hom aan die polisie oorgegee in verband met ʼn voorval Sondagoggend toe ʼn vrywilliger by die Comrades-marathon kritieke beserings opgedoen het nadat hy in ʼn tref-en-trap-ongeluk raakgery is.
Oud-Bolander speel slot vir die Franse
Dit gebeur deesdae al hoe meer dat slotte as flank gekies word.
29 vrygelaat ná geweld by Riebeek-Kasteel
Altesaam 29 mense wat in hegtenis geneem is in verband met onluste by Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap, is vrygelaat.
Nou kan Cheika rustig slaap
Die Wallaby-afrigter, Michael Cheika, het Australiese rugbygeskiedenis gemaak toe hy die eerste keer in 46 toetse – sedert hy vier jaar gelede in November 2014 die leisels geneem het – sy span onveranderd vir die volgende toetswedstryd gelaat het.
Vroue in kunstebedryf oor belangrikheid van bemagtiging
Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Nosipho Dumisa en Maude Sandham het met Maroela Media oor vroue se rol in die hedendaagse kunstebedryf gesels.
Nuuskommentaar: Sekulêre Christene
In die begin het God die mens geskep. Nou skep die mens, ook Christene, God. Die gevolg is dat Christene in hul opvattings baie uiteenlopend na sake kyk, en dit noodwendig verskillende soorte voetafdrukke sal laat waar Christene leiersposisies beklee, ook in die internasionale politiek.
Vyfde Sibanye-mynwerker se lyk gekry
Die vyfde vermiste mynwerker by Sibanye-Stillwater se Kloof Ikamva-skag naby Westonaria suidwes van Johannesburg is Donderdag in die vroeë oggendure opgespoor en na die oppervlak gebring.
Vermiste Bloem-vrou: Polisie ondersoek nou moord
Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat Mans se liggaam nog nie in ʼn gevorderde stadium van ontbinding was nie. Daar word vermoed dat haar liggaam óf iewers koel óf in ʼn vrieskas gehou is vir vermoedelik 37 uur of langer.
Boek: SAUK 1936-1995: Steeds sleutelspeler… of bedreigde spesie?
Die groot vraag wat die boek vra, naamlik of die SAUK steeds ʼn sleutelspeler in die transformasie en opbouproses kan wees en of dit ʼn bedreigde spesie geword het.
Rassie sal soms waag in soeke vir regte Wêreldbeker-span
Kom ons vergeet eers van die span wat Rassie Erasmus Donderdagoggend vir die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein gaan kies en ontleed ook wat hy dié week oor spankeuses vorentoe gesê het.
Resep: Spinasiebrood
Het jy geweet jy kan brood met spinasie maak? Kyk hier hoe!
Vandag se sportnuus
Fifa se Wêreldbekertoernooi skop vandag om 17:00 in Rusland af en die Moto GP van Catalunya word Sondag in Barcelona gejaag.
Drie sterf in aanval by moskee
Drie mense is Donderdag tydens ʼn aanval by ʼn moskee in Malmesbury in die Wes-Kaap dood.
Vermiste Kaapstad-egpaar: Vrou se liggaam ook geïdentifiseer
Rachel Saunders (64), wat saam met haar man, Rodney (73), op 8 Februarie vermis geraak het, se liggaam is ook geïdentifiseer. Die Saunders-egpaar was albei plantkundiges van Kaapstad en het in KwaZulu-Natal vermis geraak.
Twee in hof oor renosterhorings
Twee verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Witbank-landdroshof verskyn nadat renosterhorings vandeesweek in hul besit gevind is.
Eskom maak reg vir staking
Die kragvoorsiener Eskom het gesê gebeurlikheidsplanne is gereed vir ʼn landwye protesaksie wat Donderdag deur sommige werkers beplan word.
Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. (Spreuke 4:23)