Die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het ʼn groot skok opgelewer; KwaZulu-Natal het sy eerste titelhouer van die seisoen gekroon; en die Tukkies loop voor in twee senior ligas.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Maart 2018
Drie dood, vyf beseer toe betonstruktuur ineenstort
Drie mans is dood en vyf ander beseer toe ʼn onvoltooide gebou Woensdag ineengestort het.
Paasnaweek: Werksure by grensposte vir reisigers aangepas
Die departement van binnelandse sake het Woensdag gesê hy het reeds die werksure van sommige van die land se grensposte verleng, aangesien massas mense jaarliks op Paasnaweek in en uit die land reis.
Minister van grondhervorming ‘stel onteieningslokval’
“Dit is onrusbarend dat die minister gesê het dat sy nog nié die eiendom [wat onteien gaan word] wil bekend maak nie omdat sy vrees dat dit die huidige eienaars sal tyd gee om verteenwoordiging te bekom en om vir ʼn moontlike hofgeding voor te berei wat haar taak sal bemoeilik.”
Gastehuiseienaar geskiet in rooftog; vrou rondgepluk
Riaan Venter (50) het alleen gaan ondersoek instel en is daarna deur een van die verdagtes raakgeskiet.
Brandstofpryse: Só lyk stygings
Jeff Radebe, minister van energie, het die styging in brandstofpryse Woensdag bekend gemaak.
Adjunkpresident meen partytjie vir Ace is sommer bog
Adjunkpresident David Mabuza het hom uitgespreek teen die beplande afskeidsfunksie van R20 miljoen wat die Vrystaatse provinsiale regering wil hou vir Ace Magashule, voormalige provinsiale premier en huidige sekretaris-generaal van die ANC.
Minister vra dat niemand kouevleis-produkte eet nie
“Moet geen geprosesseerde vleis eet nie.” Dit was die boodskap van die minister van handel en nywerheid, dr. Rob Davies.
ToekomsVenster: Wat is jou naam?
Die Bybel sê dat God ons nuwe name gee. Neem afskeid van die ou naam wat jou lewensloop sonder God beskryf en omarm die nuwe wat God aan jou gee.
Fedsas hof toe oor skuld aan Vrystaatse skole
Nadat alle versoeke vir betaling van die jaarlikse oordraggeld op dowe ore geval het, gaan die hulp van die hooggeregshof nou ingeroep word om die Vrystaatse onderwysdepartement te dwing om sy werk te doen.
Coligny-moordsaak: Polisie ‘was onder druk’ ná seun se dood
Die staat se sleutelgetuie het aan die polisie gesê hy het glo gesien hoe die twee beskuldigdes Mosweu uit ʼn bewegende voertuig stamp. Hy het glo gehoor hoe die seun roep: “Mamma, help, ek sterf!”
Hankey-plaasaanval: Verdagte vrygelaat
Die 30-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval Vrydagaand op ʼn 44-jarige ma van drie op ʼn plaas buite Hankey in die Oos-Kaap, is Dinsdag vrygelaat.
Die wêreld in foto’s – 28 Maart 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Die Slag van Cuito Cuanavale, albei kante het daar in ’n afgrond gekyk
Jy kan baie van Castro se ideologie en staatstelsel sê – ek het dit duidelik gestel dat ek dit nie bewonder nie – maar ook dat ek my hoed afhaal vir sy politieke en militêre talente. Sy doel met dié eskalasie, soos Crocker dit tereg gestel het, was nie om dieper in die oorlog ingesuig te word nie, maar juis om ’n opening te skep waardeur hy kon ontsnap.
Die dag toe ons meer word
Niks en niemand kan jou voorberei vir die dag as jou gesin uitbrei nie. Daar is baie dinge wat mens daardie dag besef en wat verander …
Vicki Momberg: Denkpolisie en gedagteklopjagte
Ons durf nie die denkpolisie as normaal aanvaar solank hulle ons vyande uitsorteer nie. Die dubbele standaarde wat reeds toegepas word rondom rassisme in Suid-Afrika, beteken dat dit ʼn kwessie van tyd is voor die denkpolisie aan ons almal se deure klop. Ons durf dit nie toelaat nie.
Video: Elizma Theron se boodskap aan álle vroue
Die sangeres se ma, haar suster én haar vriendin maak ook ʼn verskyning in dié video.
Mooinooi-vroue: ‘Baasbrein’ en kie in hof vir tweede moord
Op dieselfde dag dat familie en vriende van Anisha van Niekerk (30), wat saam met haar vrou, Joey (32), verlede jaar in Mooinooi ontvoer en moontlik vermoor is, vir haar ʼn gedenkdiens gehou het, het die slagoffers se beweerde moordenaars in die Rustenburg-landdroshof verskyn in verband met nóg ʼn moord.
Varsitybeker: Drie halfeindspanne uit Leeus se klubliga
Dit gaan tot dusver nie so goed soos verwag is met die Lions-franchise in die Superreeks nie, maar op die ander vlakke het die Varsitybekerreeks verdere sukses en waarde tot die Goue Leeus Rugby-unie toegevoeg.
Jagters kan help om behoeftige kleuters te voed
“Ons weet dat jagters mense is wat omgee en glo dat die projek baie ondersteuning van hulle sal ontvang.”