Daar is min ouer mans wat nie ’n staaltjie het om te vertel oor hul verpligte diensjaar in die destydse militêre mag nie. Sommige van hulle praat makliker oor hul ervarings as ander. Dan is daar die parabats, of sogenaamde valskermsoldate – hulle was in ’n ander klas.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "SAW"
’n Ander soort storm
Vandag ’n rubriek van ’n héél ander aard. Dit gebeur elke jaar in September. Maar vanjaar was dit baie spesiaal, want dit was mooi 75 jaar gelede dat ’n Britse valskermdivisie en ’n Poolse valskermbrigade deur onverwags kragtige Duitse weerstand feitlik uitgewis is.
Wynand du Toit: Van krygsgevangene tot skrywer
Die naam van kaptein Wynand dut Toit het ʼn onuitwisbare indruk op Suid-Afrikaners in die tagtigs en negentigs gemaak. Nou op die vooraand van sy sestigste verjaardag het hy met Maroela Media gesels oor die draaie wat sy lewe geloop het:
Die Slag van Cuito Cuanavale, albei kante het daar in ’n afgrond gekyk
Jy kan baie van Castro se ideologie en staatstelsel sê – ek het dit duidelik gestel dat ek dit nie bewonder nie – maar ook dat ek my hoed afhaal vir sy politieke en militêre talente. Sy doel met dié eskalasie, soos Crocker dit tereg gestel het, was nie om dieper in die oorlog ingesuig te word nie, maar juis om ’n opening te skep waardeur hy kon ontsnap.
Weermag weer in hof oor “MIV-diskriminasie”
Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Dinsdag argumente aanhoor dat die Suid-Afrikaanse Weermag glo voornemende rekrute weier op grond van hul MIV-status, berig The Star.
Allegaartjie 3 – Program 84
Ons doen verslag oor die jaarlikse SAW-gedenkdiens en kuier saam met Dowwe Dolla.
Soldate in Marikana ontplooi
Ten minste 1 000 soldate is Saterdagaand in Marikana ontplooi, het die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) gesê.